Die Vrystaat het ‘n hele paar versteekte skatte en ons sien vandag met Charl en Surita se troue een van die skatte.
Wat die troue vir ons by Mooi Troues laat uitstaan het was die dekor van die venue. A+ vir kreatiwiteit. Troulantytjies het die manne se kentekens, gaste se naam bordjies en dames se hempies gemaak. Word geïnspireer deur die troue en laat jou troue ook die gesels van die dorp is maande na jul groot dag.
Hoe het jul die eerste keer ontmoet?
Ek het een naweek saam ‘n paar vriende in Bloemfontein gaan rugby kyk en soos dit gewoonlik gaan, word daar toe ‘n paar ekstra vriende saamgenooi, waarvan Charl een was. Ons klomp vriende het paar keer weer saam gekuier en Charl was elke keer deel hiervan. Ons almal het een aand saam Tenpin Bowling gaan speel en hy het aangebied om my te kom oplaai al het ek die naaste van almal aan die Tenpin Bowling gebly het ek natuurlik ja gesê vir n geleentheid om hom beter te leer ken. Die res soos hulle sê, is geskiedenis.
Ons het net gekliek. Na my pa se skielike afsterwe in 2013 het dit gevoel of my hele lewe vir ‘n oomblik tot stilstand gekom het. So kan ek met oortuiging se dat die Here vir Charl eenkant gehou het vir my vir die regte tyd, Sy tyd, hierdie tyd. Met ‘n piekniek een koue naweek in Clarens voor die kaggel, het hy my amptelik gevra om sy meisie te wees.
Ons verhouding was meestal ‘n langafstand verhouding en het sy uitdagings gehad, maar elke pot het sy deksel.
Hoe het julle verloof geraak?
Soos julle weet gaan alles nie altyd soos beplan nie… Die arme manne se senuwees is reeds so gedaan dat hul nie enige obstruksies nodig het nie. Ons was vir ‘n langnaweek by Hartbeespoort dam. Charl het die hele idee gehad om my by die boonste punt waar die kabelkarretjie stop die groot vraag te vra. Natuurlik was daar toe ‘n klompie mense daar bo en ons doen nie juis die “publieke” ding nie. So hou die man maar eers sy asem bietjie op. Die Sondag was ons net lekker rustig. Pasta, wyn en natuurlik goeie geselskap. Ek was besig om alles reg te sit vir ete en met die omdraai slag toe staan Charl op sy knieë met die ring. Sonder enige twyfel was my antwoord JA! Nou is my beste vriend my man.
Die Here se hand was voorwaar nog al die pad te siening ons verhouding en nou ook in ons huwelik!
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Kommunikasie – kommunikeer met mekaar en moet nooit kwaad gaan slaap nie en onthou om saam te lag en te droom.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Kentekens: Troulatyntjies
- Fotograaf: Go Urban Photography
- Venue: Warm Karoo -Bloemfontein
- Dekor & Blomme: Grand Room Design
- Troukoek: ArtistiCake
- Trourok +juwele + Strooimeisie rokke: Olivelli Bloemfontein
- Uitnodigings, Spyskaarte + Wyn bottel etikette + dankie kaartjies: Katia Kok Mighty K
- Grimering: Beauty Full Image
- Hare: Salon Hannelie