Diep rooi en goue bykomstighede tussen groen bome is ‘n klassieke kombinasie vir inspirasie en as dit reg gedoen word wat baie mooi kan lyk vir dekor vir ‘n troue vir die bruid paartjies wat die beproefde inspirasie wil volg.
Die kreatiewe span van diensverskaffers het dit klassieke styl ‘n vars en moderne twist gegee,
Word inspireer deur die dekor soos jy hieronder sal sien.
Die diep rooi pas ook baie mooi by die model se haarkleur in.
Inspirasie vir fotosessie?
Vir hierdie fotosessie wou ons ‘n woud gevoel skep met ‘n element van betowering wat net in die woud te vind is. Ons kleure was diep rooi, Mos-groen en tikkies goud. Ons het die stilering op die tafel redelik minimaal, maar tog elegant gehou met natuurlike elemente en ‘bold’ details – goue kandelare, borde en blompotte met ‘n Mos-tafelloper. Bessie kleur servette en baie diep rooi blomme en groen loof. Ons het hierdie tema deurgevoer in die grimering met ‘n diep bessie lip, Mos-blomme kroon en pers oogskadu. Die rok wat deur Anje Bridal Couture vir ons gegee is, het die perfekte romantiese, feëprinses gevoel gegee. Die koek was gemaak uit plein fondant versiering en is goud geverf. Lieflingkind Design het die mooiste skryfbehoeftes gemaak met dieselfde kleur Mos-groen, botaniese details, goue letters en ‘n hout tema wat pragtig by alles gepas het!
Hoekom het die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Elkeen van die diensverskaffers het ietsie uniek gehad om by te dra tot hierdie gestileerde sessie. Samantha het dadelik geweet hoe sy die blomme en dekor gaan doen, Anje se rok was net perfek vir die tema, Colleen van Lieflingkind het uit haar pad gegaan om die pragtige skryfbehoeftes by die ander elemente in bring en Kasha het haar ‘magic’ gewerk met die grimering. Ek het dadelik geweet ons het ‘n wenspan toe ek elkeen van die diensverskaffers nader en hulle hul eie merkie kon los op die sessie. Dit wys jou net dat jy jou diensverskaffers moet vertrou en hulle laat doen waarin hulle goed is!
Wie het die fotosessie gereël?
Alicia van Alicia S Photography het die blink idee gekry om ‘n woud sessie te doen en het toe die ander diensverskaffers gekontak om deel te wees. Nadat ons almal ‘n bietjie gesels het oor wat ons gaan doen, het elkeen sy gedeelte van die sessie gereël en ons het als daarna saam gesit by die foto sessie.
Advies vir paartjies wat die inspirasie wil volg?
Dekor en stilering hoef nie gekompliseerd te wees om mooi te wees nie. Meeste van die elemente wat ons gebruik het, kan gehuur word en alles word mooi saamgevat deur ‘n eenlopende kleurskema. Vertrou jou diensverskaffers om vir jou die mees gepaste blomme in seisoen te kry en moenie bang wees om ‘n ‘moodboard’ te maak van wat jy wil hê nie. Jou diensverskaffers sal presies weet hoe om vir jou daardie selfde ‘look’ te gee.’
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die sessie?
Dit was vir my baie lekker om te sien hoe elkeen se talent in sy eie veld na vore gekom het om later saam.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Skryfbehoeftes: Lieflingkind Design
- Fotograaf: Alicia S Photography
- Dekor, stilering en blomme: SdL – Samantha da Luz – Wedding & Event planning
- Hare en Grimering: KASHA – Makeup and Hairstyling
- Trourok: Anje Bridal Couture
- Model: Megan Robb