Philip & Monique se selfdoen troue

Philip en Monique het ‘n sprokies troue gehad propvol selfdoen trou idees.  Gewoonlik is mans maar kamera sku, maar die fotograaf het Philip heel gemaklik laat voel en sy persoonlikheid na vore gebring soos ons kan sien in die fotos.  Die fotograaf het ook van natuurlike lig gebruik gemaak om asemrowende mooi fotos te kry.

Philip & Monique Troue_0002 Philip & Monique Troue_0003 Philip & Monique Troue_0004 Philip & Monique Troue_0005 Philip & Monique Troue_0006 Philip & Monique Troue_0007 Philip & Monique Troue_0008 Philip & Monique Troue_0009 Philip & Monique Troue_0010

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Ons het mekaar toevallig by ‘n vriende kuier raak geloop, ek was by die vriende kuier saam met een van Philip se vriende, en die vriend het my aan Philip voorgestel, toe hy nie twee keer dink om my te vra om te dans nie, ons was vir ‘n paar maande net vriende en het eers kontak verloor omdat hy baie weg gewerk het, maar ons paadjies het gou weer gekruis, en ons is uiteindelik getroud!

Philip & Monique Troue_0011 Philip & Monique Troue_0012 Philip & Monique Troue_0013 Philip & Monique Troue_0014 Philip & Monique Troue_0015 Philip & Monique Troue_0016

Hoe het julle verloof geraak?


Philip was vir drie maande Australië toe gestuur vir werk, en in die tyd het hy seker maar besef, hy wil vir die res van sy lewe saam met my wees. Hy het na die drie maande die eerste naweek terug tuis ‘n “Visvang” naweek gereël, waar hulle ‘n mens blykbaar nou gaan wys hoe om vis te vang en, en, en, lang storie kort, moes hy volhou by die visvang storie om alles ‘n geheim te hou.

Ons het die Vrydag middag na ons destinasie begin ry, en hy het aangehou hy wil die rugby die middag kyk voor ons by die visvang oord inboek, ons ry verby die mooiste oorde en plekke en ek is verbaas, hy sê so ewe die plekke was te duur vir ‘n naweek weg, en stop by ‘n baie afgeleë restaurant en plek, wat my die horries laat kry het, en bekommerd gemaak het oor hoe die res van hierdie naweek gaan lyk as ons by so ‘n “onaangename” plek stop om die rugby te kyk!

Na die rugbywedstryd, verkeer ons na die visvang oord, “Die mooi oord wat te duur was” en hy verras my met ‘n 5 ster naweek weg by Kloofzicht Lodge & Spa. Die Sondag het hy ‘n “wildroete” bespreek, ek wag heeltyd vir die kar sodat ons kan ry, en kon nie verstaan hoekom hulle wil weet hoeveel ek weeg nie! Die toergids kom haal al die toeriste vir die “wildroete” en toe ek uitloop daar staan 2 lug ballonne! Een vir die toeriste en een vir net my en Philip! En ja, toe vra Philip die groot vraag!!

Philip & Monique Troue_0017 Philip & Monique Troue_0018 Philip & Monique Troue_0019 Philip & Monique Troue_0020 Philip & Monique Troue_0021

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


3 Jaar en 9 maande

Philip & Monique Troue_0022 Philip & Monique Troue_0023 Philip & Monique Troue_0024 Philip & Monique Troue_0025 Philip & Monique Troue_0026 Philip & Monique Troue_0027 Philip & Monique Troue_0028 Philip & Monique Troue_0029 Philip & Monique Troue_0030 Philip & Monique Troue_0031 Philip & Monique Troue_0032 Philip & Monique Troue_0033 Philip & Monique Troue_0034 Philip & Monique Troue_0035 Philip & Monique Troue_0036 Philip & Monique Troue_0037 Philip & Monique Troue_0038 Philip & Monique Troue_0039 Philip & Monique Troue_0040 Philip & Monique Troue_0041 Philip & Monique Troue_0042 Philip & Monique Troue_0043 Philip & Monique Troue_0044 Philip & Monique Troue_0045 Philip & Monique Troue_0046 Philip & Monique Troue_0047 Philip & Monique Troue_0048 Philip & Monique Troue_0049 Philip & Monique Troue_0050 Philip & Monique Troue_0051 Philip & Monique Troue_0052 Philip & Monique Troue_0053 Philip & Monique Troue_0054 Philip & Monique Troue_0055

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Troues moet opwindend wees om te reël, moet nie onnodig baklei nie, waardeer en respekteer mekaar. Onthou: as iets op die dag nie lyk soos dit moes nie, “Niemand weet dit nie”!  Lekker beplan toekomstige bruide, en geniet net die hele beplanningsproses, want dit is so gou verby!

Philip & Monique Troue_0056 Philip & Monique Troue_0057 Philip & Monique Troue_0058 Philip & Monique Troue_0059 Philip & Monique Troue_0060 Philip & Monique Troue_0061 Philip & Monique Troue_0062 Philip & Monique Troue_0063 Philip & Monique Troue_0064 Philip & Monique Troue_0065 Philip & Monique Troue_0066 Philip & Monique Troue_0067 Philip & Monique Troue_0068 Philip & Monique Troue_0069 Philip & Monique Troue_0070 Philip & Monique Troue_0071 Philip & Monique Troue_0072 Philip & Monique Troue_0073 Philip & Monique Troue_0074 Philip & Monique Troue_0075 Philip & Monique Troue_0076 Philip & Monique Troue_0077 Philip & Monique Troue_0078 Philip & Monique Troue_0079 Philip & Monique Troue_0080 Philip & Monique Troue_0081

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Aline photography
  • Videograaf: DC Productions
  • Venue: Zomerlust County Estate
  • Dekor: Meeste is gemaak, en gehuur by Vividly Vintage
  • Alle Blomme en Ruikers: The flower Centre Multiflora
  • Hare en Grimering: Melissa Minne Bridal
  • Trourok: Wedding Connexions Boksburg
  • Pakke: Suit Connexions Boksburg
  • Strooimeisies rokkies: Wedding Wish Benoni ZA
  • Strooimeisies hare: Bella Capelli Hair Designs
  • Troukoek en lekkers: Marizel Cakes