Op die mooi dag trou sweer Ruben en Marchanne ewige trou aan mekaar voor al hul vriende en familie op ‘n landgoed in die Vrystaat. Die provinsie het mooi plekke waar paartjies kan trou met skilderagtige agtergronde wat vir mooi kiekies maak om verewig die spesiale oomblikke te onthou soos jul onder sal sien waar Ruben en Merchanne verlief poseer met die Maluti Berge en As Rivier in die agtergrond.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het ontmoet deur gemeenskaplike vriende, een aand by ‘n braai.
Hoe het julle verloof geraak?
By Cheetah Experience in Bloemfontein, het hy die “Lion Deck” laat opmaak met roosblare en kerse wat uitgepak was in die woorde: “Trou met my”. Daar was ook lekker aarbeie en room en my gunsteling sjokolade.
Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?
Ons het 4 en ‘n half jaar uitgegaan voordat ons 12 Desember 2015 getroud is.
Raad aan ander paartjies wat trou?
Maak Jesus van die begin af nommer EEN. Moet nooit op mekaar vertrou vir geluk nie, maar vertrou op God, want dan sal julle ware geluk ervaar. Wees elke dag vir mekaar lief en waardeer mekaar, hou mekaar vas, soen mekaar en lag saam. Sê dit wat op jou hart is en sorteer probleme vinnig uit. Pas mekaar op en hou vir die res van julle lewens vas aan die belofte wat julle op die dag van julle troue aan mekaar gemaak het.
- Venue: Lavender Hill Country Estate
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Frisson Photographic