Ons by Mooi Troues hou baie van die groenigheid van die bome en plante om Erik en Geneve terwyl hul die eerste keer as man en vrou poseer vir die kamera. Alhoewel die paartjie op ‘n plaas getrou het lyk dit amper of hul in ‘n digte bos getrou het, so daar is soms plekke om plase om ‘n verskillende gevoel te gee as die algehele gevoel van die troue. Bruid paartjies moet deeglik soek vir plekke om hul gekose venue wat vir die mooiste fotos sal maak.
Erik en Geneve se verlowing fotosessie was ook op Mooi Troues gepubliseer. Klik hier om na hul verlowing fotosessie te kyk
Dis ‘n 2-in-1 so geniet die paartjie se mooi herinneringe.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het in ons 4de jaar op universiteit op dieselfde eiendom verblyf gekry. Al was ons bure vir ‘n jaar het ons nie baie gesels nie.
Hoe het julle verloof geraak?
Erik het my gevra om te trou op ‘n seilboot by die Vaaldam.
Hoe lank was ons saam voor ons getrou het?
So om en by ‘n jaar.
Wat het ons trou dag so spesiaal gemaak?
Om al ons geliefdes saam met ons daar te hê, en natuurlik Erik se glimlag toe hy my die eerste keer sien.
Volgens hom was daardie oomblik toe ek moes instap, waarna hy die meeste uitgesien het.
Advies vir ander paartjies:
Wees altyd daar vir mekaar in die moeilike tye, lag baie en waardeer elke oomblik.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Oakfields Farm
- Fotograaf: Open Image Photography
- Platejoggie: Simply Soundz
- Trourok: Contessa Brides
- Koek & toffies: Ilze’s Sweet Temptations