Elana en Tiaan is ‘n baie oulike paartjie wat besluit het om die knoop deur te haak op die wynlandgoed Bon Cap in die Breede Vallei net buite Robertson.
Bon Cap het ‘n ondergrondse kelder wat hul deesdae gebruik as ‘n kapel. By Bon Cap word jy gegroet met regte plaas gasvryheid en smaaklike boerekos. Die glimlagte wat hulle bied maak werklik deel van die leuse “For the Love of It”.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons is al van skooldae af vriende gewees en het ontmoet op ‘n kamp, maar eers tien jaar later het daar iets ontwikkel tussen ons. Ons het meer begin saam kuier, meer begin SMS en binne kort was ons mekaar se “stand-in-dates” vir enige byeenkoms wat ons kon vind. ‘n Klomp van ons vriende is toe vir ‘n naweek weg Langebaan toe en hier het ons vir die eerste keer gesoen. Ons vriende was skepties, maar ons het dan en daar besluit om die vlam tussen ons te ondersoek.
Hoe het julle verloof geraak?
Elana is verskriklik lief vir musiek en speel tromme in ‘n orkes. Toe het ek besluit om te leer kitaar speel en vir haar ‘n liedjie te skryf. Ek het vir maande lank as sy werk toe gaan of saam met haar vriendinne iets gaan doen geoefen om drie koorde vir die liedjie te leer. Toe een aand na ‘n ete by ‘n lekker restaurant het ek ons ingeboek in ‘n hotel en gereël dat die kamer opgemaak moet word en toe ons instap het ek haar verras met die liedjie en gevra om my vrou te wees.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Vir jare lank was ons goeie vriende, so ons het reeds mekaar se nukke en grille geken. Op ons trou dag was ons ‘n jaar en ‘n half saam gewees.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Moet nooit ophou om mekaar te bederf nie en moet nooit vergeet om vir mekaar dankie te sê vir die klein goed nie. Onthou om altyd tyd vir pret saam te maak en saam te lag. Lag is soms die beste medisyne vir ‘n verhouding.
NB in die verloof tydperk. Maak tyd om nie oor trou reëlings te praat nie.
- Venue, dekor en trou koek: Bon Cap Guest farm and wedding venue
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograwe: Expressions Photography by Andre & Selma
- Grimering: Zandre Delport
- Rok: Oliveli Bridal Design