Die spontane verlowing fotosessie van Anke en Willem het prentjie mooi agtergronde van beeste, skape, treine en asemrowende son ondergang. Die fotograaf het die spesiale oomblikke onvergeetlik gemaak deur dit op kiekies vas te vang soos jul hier onder sal sien. Daar is niks so mooi soos plaas lewe nie en ons gedagtes gaan weg in a dag droom….
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons het mekaar op skool ontmoet by Die Hoërskool Menlopark. Ons was beide baie sportief en ons het die liefde vir sport gedeel.
Hy was baie aantreklik en gewild onder sy vriendekring en later het sy omgee hart en liefde vir sy familie my hart finaal gesteel.
Sy was verskriklik mooi en ek moes haar leer ken. Haar onvoorwaardelike omgee en liefde en veg vir ons verhouding het my laat besef sy is spesiaal. Ons is onskeibaar en het alles en meer met mekaar gedeel en het onvoorwaardelik, sonder terughou, mekaar lief. Ons skool verhouding het gegroei en so ook ons liefde en vertroue in mekaar, en 6 jaar later is ons vasbyt en langafstand verhouding als die moeite werd toe hy my vra om sy boervrou te word.
Hoe het julle verloof geraak?
Dit was ‘n sprokie en ‘n onvergeetlike middag op die plaas. Ek wou hom verras en ‘n dag vroeër as beplan kom kuier min wetende van sy groot planne. Ons het soos altyd die vee se voer uitgesit en stil gehou op die koppie by die windpomp met die mooiste Vrystaat sonsondergang. Ons sandsteen plaashuis in die agtergrond en my droomman op sy knieë het my asem weggeslaan en daar het hy my gevra om vir ewig sy boervrou te wees. Na 6 jaar, was dit net ek en hy op ons Vrystaat plaas en ‘n opwindende toekoms wat vir ons wag.

Inspirasie agter die fotosessie?
Die dag van die verlowing fotosessie was baie spontaan. Ons het vir Alet en Wilmie gevra vir ‘n natuurlike omgewing wat ons liefde vir mekaar sal beklemtoon. Die sessie het kraal mure, treinspore, groen reën stewels, dans in die vlak waters en veld en ‘n onverwagse padkruising van beeste en skape ingesluit. Sonder veel beplanning het die natuur en plaaslewe ons opregte en moeitelose liefde vir mekaar weerspieël.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: In Abundance Photography