Die liefdesverhaal van André en Rhode is besonders. Ons gaan nie te veel verklap nie en jul die kans gee om die storie self te lees. Al wat ons sal weggee is dat die Here op sy eie manier werk en dat jy na jou gut of daardie innerlike stemmetjie moet luister.
Rhode het asemrowend gelyk in haar trourok. Ons by Mooi Troues hou baie van haar ruiker en hoe die kombinasie van verskillende blomme en kleure vars op die oog is,
Hul trou motor is ‘n Mercedes-Benz W110 van die 1960’s wat nog in vertoonlokaal toestand is. Dit is seldsaam dat ons nog die spesifieke modelle sien.
Die dekor van die troue het ons ook na ons asems laat snak. Die plof van die blomme prag en granate op wit tafel doeke as agtergrond is ‘n unieke prentjie. Welgedaan aan die paartjie se familie wat dit bymekaar gesit het.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Die Here het hom vir my gestuur – so ek gee Hom al die eer en glorie.
Die Here het een oggend op my hart gesit om kontak te maak met ‘n vriendin wat ek tien jaar laas gesien het of van gehoor het. So het ek gemaak. Sy het by daardie koffie my genooi vir nog ‘n koffie die komende week daarop. Met die tweede koffie afspraak was daar uitnodiging gegee aan my om saam vriende by eetplek in die Paarl te geniet, blykbaar vriende van hulle almal wat vir familie gaan kuier oorsee. Daardie tyd in my lewe het die Here by wonders gedoen waardeer ek deur gegaan het.
Ek het vir haar gesê ek sal dit nie kan maak. Toe ek die middag na koffie in my kar klim het stem in my hart gesê ek moet alles los en gaan en die mooiste “going away” biltong pakkie maak. Ek bel haar in die kar en sê ek sal die volgende aand by die ete wees. My buurvrou het ‘n week voor die tyd ‘n visie gehad hoe my man gaan wees wat die Here op haar hart gesit het om vir my te sê. Ek het die volgende aand gegaan na die ete toe.
Soos ek in stap het André daar gesit en op daai oomblik het die stem in my hart gesê dit is jou man . ek was so skaam en opgewonde, “love at first sight” ek kan nie beskryf wat ek ervaar het nie. Ek onthou dit wat my buurvrou aan my weke voor die tyd gesê het dat die Here vir haar gewys het en dit was 100% alles soos wat sy beskryf het.
Aand by die huis gekom en dadelik gaan bid en vir die Here gesê, ek’t gedoen wat Hy gesê het om te gaan doen. Toe ek instap het die Here gesê dit is hy wat my man is . ek wil net weer bevestiging hê, en as dit so is moet André my bel of SMS in die volgende uur. Ek’t net kla gebid. Toe gaan my foon af, toe was dit André , en hy het ook bevestig dat ‘n stem het in sy hart gesit dat ek die een is en dat hy dadelik kontak met moet maak soos hy by die huis gestop het . (Prys die Here) van toe af is alles presies soos wat die Here aan ons gewys het.
So daar is mense daar buite wat opsoek is na liefde, wat nie glo dat liefde dalk bestaan nie. Maar daar is lewende God wat bestaan en wat gebede hoor en sal sy perfekte altyd stuur vir die wat Hom nader. So ons gee al die eer aan die Here.
Hoe het julle verloof geraak?
Sondag 4 Oktober 2015, het ons die oggend lekker golf gaan speel. Die aand toe ons klaar was het ons die aand Kampsbaai strandfront toe gegaan om Pizza te gaan eet.
Kampsbaai strandfront – is waar ons eerste afspraak gehad het 26 Oktober 2014. So ons het die aand pizza geëet. Ek het niks vermoed nie. dit was pragtige warm aand, daarna het ons langs die see afgestap en by elke plek gestop waar ons herinneringe gemaak het op 26 Oktober 2014 en weer herleef. Volgende oomblik toe ek weer kyk is my ander helfte op sy knieg, het vir my gevra om met hom te trou.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons het mekaar eerste keer gesien 17 September 2014 , begin uitgaan 26 Oktober 2014 toe verloof geraak 04 Oktober 2015.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Huwelik vir my, kompromie en begrip, bo alles Sy onvoorwaardelike liefde.
Sy geduld en aanvaarding. Die wete om te sê jammer en wanneer om vergifnis te bied.
Hy is vir my alles deur al die goeie en slegte. Om mekaar onvoorwaardelik lief te hê vir ewig en altyd.
God altyd nommer een te maak in alles julle begeertes en Hom in alles te neem wat jy doen.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Agapé Studio. Photo & Video Productions
- Blomme Seremonie: To-Netts Paarl
- Blomme Venue: Familie Bester & Van Tonder
- Dekor: To-Netts Paarl
- Skryfbehoeftes: KCDA-Brackenfell
- Trou Koek: Privaat–Belinda
- Hare en Grimering: Corlé Barnard
- Trou Rok: Ilse Roux
- Musiek: Reccord Production
- Venue: Nooitgedacht Wynlandgoed