By Mooi Troues deel ons graag paartjies wat inisiatief geneem het om hul trou self te beplan en van familie en vriende gebruik te maak vir dinge soos die hare en grimering, musiek, uitnodigings, asook vir die trou venue en kos. Daar is ook niks so eg na Afrikaans soos ‘n opregte plaas troue in ‘n ou plaas huis nie. Die elemente van windpompe as dekor items en Mnr. & Mev. Skapies bo-op die koek is ook ‘n pragtige tikke van plaas.
Ons weet sommer julle sal die publikasie en mooi fotos baie geniet.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het mekaar ontmoet toe Christiaan saam met sy broer na my woonstel gekom het. Ek en sy broer was kollege vriende en Chrisitaan was nuut op kollege. Hy het niemand geken nie en het by ons vriendekring ingepas. Kort voor lank was ons ‘n paartjie.
Hoe het julle verloof geraak?
Hy het ‘n ooghaar van my wang afgehaal en gesê ek moet wens. Daarna het hy gevra ek moet my oë toemaak. Toe ek dit oopmaak het hy op een knie gestaan met die ring in sy hand.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was 5 jaar saam toe ons getroud is.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Vertel mekaar alles. Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Doen goed saam waarvan albei van julle hou en maak tyd vir mekaar. Besluit saam oor alles. Hou jou troue klein, eenvoudig en gemaklik en kies alles saam.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Moi Photography