Seuns moet altyd hul pelle maar goed kies veral as hul ‘n jonger sussie het waarna die vriend mag vry. Dit is ook belangrik dat die broer ook goed oor die weg kom met die kêrel wat sy swaer kan word. Die opinies van ‘n broer maak saak vir ‘n vrou. Ons kan sien in die fotos van Rentia Smith dat Shannon en Tamlynn verlief is op mekaar en ook baie goeie vriende is. Die dag van hul troue het al hul vriende bymekaar gekom op ‘n strand waar ons kan sien dit is ‘n jolige klomp en pret was prioriteit. Tamlynn het asemrowend in haar trou rok gelyk en Shannon aantreklik in sy Baba Blou pak op ‘n strand waar hul hulle geloftes aan mekaar uitgeruil het met vriende en familie as getuies. Aan die einde van die publikasie wag daar ‘n verrassing. Die onthaal saal se dekor was vars met Ment kleurige Chevron patroon tafelloper, Vetplante en Proteas as blomme.
Hoe het ons die eerste keer ontmoet?
Ons het ontmoet toe ek nog op laerskool was. Shannon was/is ‘n vriend van my oudste boer. Hy het 1 of twee keer by ons oor ‘n naweek kom kuier maar toe was ons nog jonk en glad nie aan troues gedink nie. Ek het by my ma gebly en ‘n paar jaar het verby gegaan wat ons al van mekaar vergeet het. Ek was een Saterdag in my Matriek jaar in Dros in Vanderbijlpark en hom weer daar raak geloop. Ons het vinnig opgevang en weer in ons eie rigtings gegaan. ‘n Paar maande later het Shannon my gebel en gevra om vir ete te gaan. Geen mens sal weet waar hy my nommer gekry het nie. Ons het die 26 Januarie 2010 op ons eerste afspraak gegaan en van toe af nooit n naweek gemis om te kuier nie.
Hoe het ons verloof geraak?
Ons was op vakansie in Mosselbaai Desember 2014. Ons het op die dag van die 23 Desember by die trein in Mosselbaai drankies gaan drink. Ek was glad nie lus om huis toe te gaan nie, maar Shannon het daarop aangedring. My mond was opgeblaas maar ek het maar huis toe gegaan. Ons was saam vriende op vakansie, hul seun wou af gaan strand toe, ek het saam hom geloop en Shannon het ook besluit om saam te stap (min het ek geweet dit was ‘n reëling). Ek en Shannon het in die koue water gestaan en gesels toe ek omdraai om uit te stap roep hy my terug waar hy op sy knie gestaan het. Hy het my gevra om sy vrou te word so in die see water op die strand.
Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?
Ons was 6 jaar en 2 maande saam voor ons getrou het.
Advies wat ons aan ander paartjies kan gee?
- Wees altyd eerlik met mekaar.
- Respekteer mekaar ten alle tye.
- Bespreek enige besluite met mekaar.
- Moenie die verlede opbring in ‘n nuwe argument nie.
- Kommunikasie is baie belangrik.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Rentia Smith Photography
- Venue: Palm Dunes Blythdale beach
- Rok: Olivelli
- Dekor: Something borrowed décor + Seating plan furniture Hire + Pearly sea shells + Unforgettable Events
- Strooijonkers se pakke: ihaan Bron
- Strooi meisie rokke: Bilqis oriental plaza
- Skryfbehoeftes: Cards and all
- Koek: Zolitas couture Cakes & confectionery
- Shannon ring: The Unbreakable Man
- Tamlynn ring: Sentique jewellers