Lewe gebeur buite jou gemak sone. Dit is presies wat gebeur het toe Chris vir Lené gevra het om te dans in ʼn dans klub waar hy nie sommer sou gaan, danksy sy vriende wat hom soontoe gesleep het. Ons glo Lené het Chris se voete onder hom uitgevee met haar aansteeklike glimlag.
Chris en Lené is die mede eienaars van die gewilde trou beplanning en -verhuring besigheid Authentic Planning en hul het hul eie dekor van hul troue self gedoen. Ons het al voorheen ʼn artikel oor die besigheid gedoen waar jy meer kan lees oor vakkennis van die trou industrie Ons gesels met Authentic Planning Dit is ʼn perfekte voorbeeld hoe jou troue sal lyk sou jy van hul dienste gebruik maak. Authentic Planning kry die stempel van goedkeuring van Mooi Troues.
Ons kan die mooi paartjie se besonderse troue vandag met jul deel te danke aan Gustav Klotz Photography wat niks gespaar het as dit kom om Chris en Lené in verewige herinneringe en Lené se borrelende persoonlikheid op kiekies vas te vang nie.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Chris: Ek het in Julie 2012 my 30ste verjaarsdag gevier saam met ‘n groep vriende en op geëindig in Danskraal (‘n Afrikaanse vasdans plek waar Engels mans nie sommer voet sit nie).
Soos die aand aangeloop het, het ek die moed opgebou om die pragtige blonde Afrikaanse dame te vra om te dans – nie dat ek enige iets van langarm af geweet het nie. Dit het wel gelyk of Lené dit geniet het, of altans geniet het om vir my te lag.
Deur die loop van die volgende week het ons kontak gemaak met mekaar en na ‘n hele gesukkel n afspraak gereël gekry. Na ons eerste ete saam het ons geweet… ons is verseker bedoel vir mekaar.
Hoe het julle verloof geraak?
Lené: Na een van ons besigste weke by die werk was die enigste ding waarvoor ons beide lus was om te rus. Chris het my oortuig om die sonsondergang en n bottel wyn te gaan geniet op een van ons spesiale plekke. So is ons Blouberg strand toe met ʼn kombers, bottel wyn en mekaar.
Soos die son gesak het, het Chris begin praat oor dinge wat belangrik is in die lewe, dat ons dit moet spandeer saam met mense wat n verskil maak en vir wie ons lief is.
Wat volgende gebeur het, het ek glad nie verwag nie.
Chris: Ek het na Lené toe gedraai, op my knieë gegaan, haar ring boksie oop gemaak en haar gevra om my die gelukkigste man te maak en met my te trou. Met Lené in trane het sy JA gesê.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
3 Jaar & 3 Maande
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Wees altyd daar vir mekaar.
Luister vir mekaar.
Ondersteun mekaar.
Glo in mekaar.
Vertrou in mekaar.
Selfs deur die moeilike tye, wees sterk vir mekaar en gee dan juis meer liefde en ondersteuning aan mekaar.
- Fotograaf: Gustav Klotz Photography
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Beplanning, stilering + dekor: Authentic Planning
- Videograaf: Pie in the Sky
- Venue: Lourensford
- Personeel en Kroeg: Shake & Serve
- Voedsel: Stir Foods
- Platejoggie: Soundprint
- Vermaak: Gerry Liberty