Die mooi paartjie Benjamin en Leticia het hul verlowing fotosessie laat neem met die mooi natuur in die agtergrond. Die toneel skep ‘n gevoel vir die liefde tussen die twee. Hul storie van ontmoeting is ook oulik.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
So om en by 5 jaar terug het ek en ‘n vriendin besluit om uit te gaan. Daai tyd was Hatfield nog toegangbaar. Ons was in Dropzone en toe nader Benjamin my. Ek was nie op die uitkyk vir ‘n oukie nie, veral nie in ‘n dansplek soos Dropzone nie. Met die in gedagte het ek vir hom ‘n valse naam gegee “Maria”.
Net toe sien my vriendin date k met hom gesels, kom sy na ons toe om te vra hoe ken ons mekaar, en Benjamin noem da thy nou net vir “Maria” ontmoet het. Waarop my vriendin se antwoord was “Haar naam is nie Maria nie, haar naam is Leticia”
En daar het alles begin…
Hoe het julle verloof geraak?
Die einste vriendin het 28 Maart 2015 getrou in Tzaneen, so toe het ek en Benjamin ‘n naweek daarvan gemaak. Ek kom van daardie omgewing af so ek wou hom bietjie die wildtuin en so wys.
Hy het daarop aangedring om vir ons ‘n dagreis in die wildtuin te reël. Hy het ‘n hele piekniek en alles gereël gehad, maar tot sy teleurstelling het hulle die bespreking verkeerd gehad.
Ons was toe na die dagreis terug Tzaneen toe om reg te maak vir my vriendin se troue.
Toe ek besig was om badwater in te tap, klop hy aan die deur, ek kom uit en daar gaan hy op sy knieg. Toe Is dit net trane, ek het hom nie eers kans gegee om ‘n word te sê nie.
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons beplan om 2 Desember 2016 te trou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Wildflower Photography