‘n Vakansie romanse op Hartenbos wat heeltemal anders verloop het en paar jaar later ‘n warm lugballon rit het gelei na die dag wat Andre en Charmayne die knoop deur gehak op ‘n perfekte Somer dag.
Ons by Mooi Troues hou baie van die paartjie se onthaal dekor wat hulle self en met die hulp van vriende en familie gedoen het. Vloot Blou en Wit is die mooi kleur kombinasie van die troue en die strooi meisies en jonkers dra wit en blou uitrustings. Strepe op die tafel doeke herhaal die kleurskema in die dekor wat ‘n goeie kontras is van die onthaal saal met ‘n sink dak en hout balke waar daar elegante kandelare bo-oor die tafels hang.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons was albei in Hartenbos gewees vir vakansie in 2007. Ek was opsoek na ‘n vakansie romanse. Andre en sy vriende het saam gekuier op die strand en ek het hom daar ontmoet deur ‘n vriendin. Goed het ek gedink hier is my vakansie romanse geleentheid, maar dit het heeltemal anders uitgedraai, nadat Andre na dag drie seker was hy het sy ander helfte ontmoet.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het verloof geraak Junie 2014 vroeg oggend, met sonsopkoms gedurende ‘n warm lugballon rit.
Hoe lank was ons saam voordat jul getrou het?
Nadat ons ontmoet het in 2007, was ons net eers vriende vir ‘n tydperk (aangesien ek nog op skool was). Vanaf 2009 is ons “saam”. 2014 verloof en in Oktober 2015 UITEINDELIK GETROUD.
Advies vir ander paartjies:
Eerstens is dit onnodig om so lank te wag om te trou, as julle albei seker is dat julle gaan trou. Niks is onmoontlik as dit kom by troue reël nie. Laastens kan ‘n troue baie vinniger beplan word as wat jy dink, solank jy presies weet hoe die uitkoms moet wees. Dit is makliker om iets te kry as jy weet wat jy wil hê.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Marne van Dyk
- Rok: MoiNoi Designs by Charmayne Tempel (ma)
- Hare: Follicle Hair Atelier (bruid) en Daleen Ilsley (bruidsmeisies)
- Venue: The Stone Cellar
- Videograaf: Lynx Photography by Lyne Davel