Die sjarmante Arthur weet presies hoe om ʼn meisie beter te leer ken toe hy die mooi Roche vra om sy “Chocolate Fondant” met hom te deel. Op ʼn bootreis kniehalter familie wat vir aandete by hulle aansluit die oomblik wat hy haar wil vra om te trou. Hy maak egter gou ʼn plan en smokkel haar weg na ʼn stil hoekie op die boot. Roche lyk asemrowend mooi op hul troudag waar sy emosioneel in haar man se arms sit. Hande sê baie en wat ʼn voorreg is dit vir die bruid om ʼn foto van haar hande saam met die 2 mees belangrike 2 vroue in haar lewe te kon neem. By Mooi Troues wens ons die paartjie ʼn gelukkie vol huwelik toe waarin hul dae net so vol pret sal wees soos hulle eerste dag as getroudes.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek het in St Francis Baai gewerk. Arthur het vir sy broer, wat saam my gewerk het, kom kuier van Johannesburg af. Ons is aan mekaar voorgestel, maar toe ek hom ontmoet het, het ek nie gedink enige iets sal ontwikkel nie. Arthur het my begin vly – ʼn regte “gentleman” in als wat hy doen. Arthur het gebly vir aandete by die klub en ek het voorgestel dat hy die “chocolate fondant” probeer vir nagereg – hy het gesê hy sal, maar net as ek dit met hom deel en ek het. Dit was net die begin!
Hoe het julle verloof geraak?
Ons was op ʼn skip tussen Mosambiek en die Portugese eilande, saam met familie en vriende. Die gala aand het aangebreek. Toe ons by die tafel kom, het Arthur dadelik homself verskoon – hy het gereël dat die kelner ʼn bottle sjampagne vir ons bring want hy sou my vra om te trou. Ons het nie gedink my familie sal saam ons eet die aand nie – almal moes deftig aantrek. Nes hy die vraag sou vra, het my familie opgedaag. Arthur het ʼn plan ʼn beraam en het toe na ete in ʼn stil area op die skip, die vraag gevra.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
4 jare en 5 maande. Ons het in April 2011 ontmoet en in Maart 2014 verloof geraak. Ons troue was in Augustus 2015.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Vir die troue: ONTSPAN. Pinterest maak ʼn groot boehaai oor troues – dit raak baie duur en baie ingewikkeld. Jy het nie nodig om baie geld te spandeer nie (Behalwe op die fotograaf!) Ons oor kompliseer klein besonderhede wat nie nodig is nie. Praat met jou verloofde en vind uit hoe baie hy betrokke wil wees in die troue se beplanning, om jou verwagtinge te beheer. Wanneer die trou dag aanbreek, hou op stres – daar is nou niks meer wat jy kan reël nie. Dis die dag waar julle lewens saam begin. Nou kan jy dit net geniet.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Fotograaf: Herman Verwey
- Hare + Grimering: Pin-Up Girls
- Blomme, rok + dekor: Familie en self
- Musiek: Jacques Mouton en Robin Gast
- Venue: Nirox Sculpture Park
- Akkommodasie: Eagles View