Marko & Dalida se self doen troue

Tydens ‘n ski vakansie in Oostenryk dring Marko aan dat Dalida, wat op daardie stadium moeg aas na ‘n “site- seeing” dag, ‘n entjie saam met hom gaan stap.  By die Zell Am See meer gaan hy op sy knie om die vrou van sy drome te vra om met hom te trou.  Soos baie paartjie was hulle ook saam op skool min wetende dat hulle nog ‘n leeftyd saam gaan wees.  Dit is op die baie mooi Oakfield Farm waar hulle sprokies verhaal afskop.

Dalida & Marko_0020Dalida & Marko_0001 Dalida & Marko_0002 Dalida & Marko_0003 Dalida & Marko_0004 Dalida & Marko_0005 Dalida & Marko_0006


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek en Marko se paaie het die eerste keer gekruis op Laerskool.  Ons was albei in Alma Mater Akademie.  Ek was egter ‘n stil akademiese meisie, en Marko die spontane atleet, daarom het ons nie rerig mekaar bevriend nie.  Dit was toe in Matriek wat ek die knaap se profiel of Facebook sien en besluit om ‘n voelertjie uit te reik na Marko… en soos hulle sê, “The rest is history!”


Dalida & Marko_0007 Dalida & Marko_0008 Dalida & Marko_0009 Dalida & Marko_0010 Dalida & Marko_0011


Hoe het julle verloof geraak?

Marko het die groot vraag gevra toe ek saam hom en sy familie vir my eerste keer oorsee was.  Ons het gaan ski in Oostenryk se sprokiesmooi sneeuwêreld.  Die 3rde Januarie, na ‘n besige dag van ‘site-seeing’ en trienritte, was ek pootuit en wou net in die bed klim.  Marko was egter baie opdringerig dat ons die dorpie bietjie moes gaan verken.  Om ‘n lang storie kort te maak, nadat ek ingegee het om maar ‘n bietjie te gaan wandel, het Marko voor die Zell Am See meer op sy knie gegaan en my gevra om te trou! 


Dalida & Marko_0012 Dalida & Marko_0013 Dalida & Marko_0014 Dalida & Marko_0015 Dalida & Marko_0016 Dalida & Marko_0017 Dalida & Marko_0018


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ek en Marko was 4 jaar saam voordat ons die lewenslange knoop geknoop het.  Ons het begin mekaar begin sien in September 2011, en is getroud in September 2015.  Van die 4 jaar was ons 18 maande verloof. 


Dalida & Marko_0019 Dalida & Marko_0020 Dalida & Marko_0021 Dalida & Marko_0022 Dalida & Marko_0023 Dalida & Marko_0024 Dalida & Marko_0025 Dalida & Marko_0026 Dalida & Marko_0027 Dalida & Marko_0028 Dalida & Marko_0029 Dalida & Marko_0030 Dalida & Marko_0031 Dalida & Marko_0032


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Ek sal adviseer om nie te lank verloof te wees nie.  Mens raak dik vir die wag en die “hold” knoppie waarop jou verhouding is.  Ook, as moontlik, betaal self vir julle troue.  Dan is daar geen skuldgevoelens om ander hulle idees te gun nie. Die belangrikste is om te onthou dat dit nie gaan oor die rok, kos, venue ens. nie…  Dit gaan oor jou, en jou lewensmaat wat julle storieboek saam begin as huwelikspaar.  Dinge gaan skeef loop, maar al wat tel is jou beste vriend wat vir jou wag aan die einde van die kansel se gang.


Dalida & Marko_0033 Dalida & Marko_0034 Dalida & Marko_0035 Dalida & Marko_0036 Dalida & Marko_0037 Dalida & Marko_0038

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]