Hanno en Liné het mekaar al raak gesien voordat hulle uiteindelik by ‘n studente koshuis-skakel aanmekaar voorgestel word. Die mooi paartjie se kleurvolle verlowings fotos vertel ‘n storie van jong liefde en ‘n toekoms wat net so kleurvol wink. Hanno beplan ‘n stylvolle affêre om die mooi blonde Liné te vra om sy vrou te word. Hy ontvoer haar in ‘n limousine wat al om die mooie Kaap ry. Tussen ‘n glasie sjampanje en heerlike eetgoed wag hy vir hul gunsteling liedjie voordat hy op sy knieg gaan en die groot vraag vra. Liné kon nie vir ‘n meer romantiese en spesiale oomblik vra nie.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het eintlik twee afsonderlike “ontmoetings” gehad in ons eerste jaar as studente op Stellenbosch. Die eerste keer, sê sy het sy my een aand in die kerk in die gallery sien sit. Min wetende dat sy al vroeg die aand my oog ook gevang het. So het ons skelm na mekaar sit en kyk en gewonder wie die ander een is. ‘n Paar weke daarna het ‘n vriendin ons by ‘n koshuis-skakel van Harmonie Dameskoshuis en Eendrag Manskoshuis uiteindelik aan mekaar voorgestel, waarna ons die res van die aand verder saam gekuier het.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het beplan om uit te gaan vir ete die aand. Toe ek hom by sy woonstel kry het daar ‘n limousine vir ons gewag! Binne die limousine was al my gunsteling eetgoed en ‘n bottel sjampanje wat hy altyd gesê het hy spaar vir ‘n baie spesiale geleentheid. Ons het seelangs al om die mooie Kaap gery – volgende oomblik het ‘n baie spesiale liedjie begin speel en toe ek weer kyk was hy op sy knieë besig om my te sê hoe lief hy my het en toe vra hy my om sy vrou te word! Ek was natuurlik skoon in trane! Dit was ongelooflik spesiaal.
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons troudag is die 12de Maart 2016. Hierdie is ‘n baie spesiale dag vir ons albei aangesien ons op daardie dag presies al 5 jaar saam is. Ek het haar op die 12de Maart 2011 uitgevra en terwyl ons toe so na trou datums gekyk het, het Liné agtergekom dat die 12de Maart in 2016 val op ‘n Saterdag, en toe weet ons – dit is die dag.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: PurelightStudio