As mense kyk na die fotos van die stralende bruid in haar droom rok van Bridal Manor, kry jy skoon hoendervleis so mooi lyk sy. Die rok se lieflike kant en bostuk afwerkings pas haar perfek. Die fyn materiaal knopies op die rug gee ekstra elegansie en styl aan die hele tabberd. Terwyl GD en Alta een aand besig is om beplanning te maak om hul droomhuis te verander, vra hy die groot vraag. Die paartjie is soos elke ander paartjie uniek en hul glo dat geen verhouding dieselfde is en jy nooit joune met enige ander sin moet vergelyk nie. Soos elke bruidspaar en troue is nie een weergawe wat by mooi troues publiseer word dieselfde nie. Elkeen is baie mooi, spesiaal en uniek op sy eie manier.
Hoe het julle ontmoet?
Ons ken mekaar van graad 1 af… Ons het in Graad 11 begin uitgaan.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons was besig om te bou en breek aan ‘n huis wat ons gekoop het en moes verder beplanning doen. Ons het die mooiste uitsig oor die dorp en die platteland. GD het my een aand in die donker hier gevra om te trou.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Elke verhouding is uniek. ’n Mens kan en mag nooit jou verhouding met ander vergelyk nie.
Nee, ons het nie ‘n videograaf gebruik nie.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Strooimeisie Rokke: Love and Lace
- Troue: NG Gemeente Heidelberg (Klipkerk)
- Onthaal: Lezar Opstal
- Blomme: Wena de Jager
- Fotograaf: Sagely Photography
- Trourok: Bridal Manor