Ernie & Anerike se Weskus strand troue

Waar Liefde en drome saamsmelt.

Waar Vandag & Môre vir altyd raak.

Oor verre oseane het die liefde van haar lewe soos ‘n magneet terug getrek na St Helena baai aan die Weskus.  Dit neem egter ‘n tydjie nadat sy Ernie, ‘n partytjie dier, se ernstige en liefdevolle kant leer ken.  Hy gebruik verskonings om pakkies te gaan afgee naby haar huis sodat hy die meisie van sy drome kan sien.  Dit neem nie lank voordat die 2 onafskeidbaar raak en besef dat hulle al die tyd vir mekaar bedoel was nie.

Ernie mors nie veel tyd toe hy een aand tydens nuwejaar vir Anerike vra om sy vrou te word nie.  Met die bruisende see van St Helenabaai op die agtergrond  kom Anerike aangestap oor die sand om haar bruidegom te ontmoet op hul troudag.  Hulle geniet elke oomblik van hul troudag saam met hul gaste.  Dis verseker dat die bruidspaar nog baie spore op die lang, wit strand van hul huwelik saam sal stap.

Anerike en Ernie_0001 Anerike en Ernie_0002 Anerike en Ernie_0003 Anerike en Ernie_0004 Anerike en Ernie_0005 Anerike en Ernie_0006 Anerike en Ernie_0007 Anerike en Ernie_0008 Anerike en Ernie_0009


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Na 10 jaar in Australië het ek met elke sel in my liggaam gevoel dat ek wou terug keer huis toe.  Ek het as kind na Australië immigreer maar nooit regtig aangepas nie. Op daardie stadium het ek nie geweet wat dit was wat my so terug geroep het na die Weskus nie.  Dit het my 3 jaar en baie vakansies terug by die huis geneem om permanent terug te keer na St Helena Baai.

Dit was met so vakansie wat ek Ernie Tredoux ontmoet het.  Hy was ‘n gemaklike plat op die aarde mens wat altyd gretig was om saam met vriende te kuier.  Op daardie stadium het ek nie besef hoe wonderlike sterk en sorgsame mens hy eintlik was nie.  Ons het altyd in dieselfde groep gekuier maar nooit regtig die kans gekry om mekaar beter te leerken nie.  As ons nou terugkyk na daardie tyd, besef ons dat ons albei in daardie stadium nie reg was vir ‘n permanente verhouding nie.  Ten spyte daarvan het ons goeie vriende geraak en was daar elektrisiteit tussen ons.  My onseker toekoms het egter ons albei terug gehou om die verhouding ‘n stap verder te neem.

Alles het verander in Februarie 2013 toe ek finaal besluit het om permanent terug te keer na St. Helena Baai.  Om te sê dat hy my voete onder my uitgeslaan het, is te min!  Ek onthou hoe hy middae ‘n verskoning sou maak om iets by iemand af te gee wat naby my gebly het, net sodat hy kon oorkom vir koffie of ete.  Ons vriende het ook gehelp deur seker te maak dat ons op dieselfde plek kuier.  Binne twee weke het ons begin vas uitgaan en die vonk tussen ons het in ‘n diep liefde ontwikkel.  Saam het ons honderde flieks gekyk, gaan kamp, in die see geswem en alles gedoen wat ‘n paartjie veronderstel was om saam te doen.  Ons het albei besef dat ons verhouding besig was om in iets permanents te groei.  Hy was die eerste persoon wat ek ooit so lief gekry het.


Anerike en Ernie_0010 Anerike en Ernie_0011 Anerike en Ernie_0012 Anerike en Ernie_0013 Anerike en Ernie_0014 Anerike en Ernie_0015 Anerike en Ernie_0016 Anerike en Ernie_0017 Anerike en Ernie_0018 Anerike en Ernie_0019 Anerike en Ernie_0020 Anerike en Ernie_0021 Anerike en Ernie_0022 Anerike en Ernie_0023 Anerike en Ernie_0024 Anerike en Ernie_0025 Anerike en Ernie_0026


Hoe het julle verloof geraak?

Weereens soos Ernie is wat nie tyd mors nie, vra hy my om te trou tydens sonsondergang op ‘n lieflike strandjie op Nuwejaar aand.  Dit ook ook toe dat ek besef het waarom ek huistoe gekom het.  Hy was al die tyd die rede waarom ek moes terug keer na St Helena Baai.  Dit was bedoel om so te wees.

Ons was 2 jaar verloof toe ons tydens ‘n wonderlike seremonie getrou en elke oomblik ten volle geniet het.  Hy is die man van my drome en ons sien baie uit daarna om die res van ons lewens saam te spandeer, oud te raak, in ons liefde te groei en ons eie gesin te bou.


Anerike en Ernie_0027 Anerike en Ernie_0028 Anerike en Ernie_0029 Anerike en Ernie_0030 Anerike en Ernie_0031 Anerike en Ernie_0032 Anerike en Ernie_0033 Anerike en Ernie_0034


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was amper 3 jaar saam voordat ons getrou het.


Anerike en Ernie_0035 Anerike en Ernie_0036 Anerike en Ernie_0037 Anerike en Ernie_0038 Anerike en Ernie_0039 Anerike en Ernie_0040 Anerike en Ernie_0041 Anerike en Ernie_0042 Anerike en Ernie_0043 Anerike en Ernie_0044 Anerike en Ernie_0045 Anerike en Ernie_0046 Anerike en Ernie_0047 Anerike en Ernie_0048 Anerike en Ernie_0049 Anerike en Ernie_0050 Anerike en Ernie_0051 Anerike en Ernie_0052 Anerike en Ernie_0053


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Moet nie ‘n ophef maak van klein probleempies nie.  Geniet elke oomblik en koester liefde en respek.  As jy dit doen sal jy enige probleem kan uitsorteer.


Anerike en Ernie_0054 Anerike en Ernie_0055 Anerike en Ernie_0056 Anerike en Ernie_0057 Anerike en Ernie_0058 Anerike en Ernie_0059 Anerike en Ernie_0060 Anerike en Ernie_0061 Anerike en Ernie_0062 Anerike en Ernie_0063 Anerike en Ernie_0064 Anerike en Ernie_0065 Anerike en Ernie_0066 Anerike en Ernie_0067 Anerike en Ernie_0068 Anerike en Ernie_0069 Anerike en Ernie_0070 Anerike en Ernie_0071 Anerike en Ernie_0072 Anerike en Ernie_0073

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Venue + Akkommodasie: Sea Trader
  • Trourok: House of Silk Bridal Studio
  • Fotograaf: Kusjka du Plessis Photography
  • Bloemis: Anlo van Zyl
  • Dekor: Bruid en ma self
  • Grimering & Hare: Salon Nusha
  • Koek: The Vintage Whisk
  • Musiek: DJ Snake – Chris Koch
  • Skryfbehoeftes + Koördineerder: Bruid en ma self