Di-Anne lyk sprokiesmooi toe sy aan haar pa se arm na die altaar stap waar Jaco wag. Madelein Botha het bygedra deur die mooi bruid ekstra mooi te grimeer. Dit was op ʼn gemeenskaplike vriendin se troue waar die bruidspaar ontmoet het toe hulle by dieselfde tafel beland. Di-Anne spot dat sy Jaco oor sy knoffel asem berispe het maar dit is beslis iets wat sy hom later verskoon het as jy sien hoe verlief die tweetjies is. Selfs ʼn tydelike langafstand verhouding was nie vir hulle ʼn probleem nie omdat eerlikheid en kommunikasie vir albei baie belangrik is in hulle verhouding.
Hoe het julle ontmoet?
Ons was by ʼn gemeenskaplike vriendin se troue op 19 November 2011, en is beide by die enkellopende tafel langs mekaar geplaas. Ek het Jaco se knoffelasem beledig, ons het begin gesels, en die res is geskiedenis!
Hoe het julle verloof geraak?
Dit was 23 Mei 2015, en my hokkiespan het lekker vroeg by Stellenbosch gespeel. Na ʼn koue tydjie langs die veld het Jaco voorgestel ons gaan eet iets by die Botaniese tuine. Ek kon nie verstaan hoekom hy my so in die koue laat rondloop deur die tuine en my weghou van kos nie, totdat hy op sy knie neergesak het op ʼn bruggie en die Groot Vraag gevra het nie! (Nadat hy eers paniekbevange geraak het omdat hy gedink het die ring gaan in die water val, en my afgetrek het van die bruggie af.)
Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?
Ons gaan vas uit vanaf 29 Januarie 2012, en het op 2 Januarie 2016 getrou.
Advies wat jul kan gee aan ander paartjies?
Na ʼn tydjie wat ons ʼn bietjie langafstand “gevry” het, was kommunikasie die belangrikste. Eerlikheid is noodsaaklik en om saam te lag maak elke dag ʼn avontuur. Ons is mekaar se beste vriende.
- Grimering: Makeup Hair by MB
- Uitnodigings: Oh Yay
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf en Videograaf: Shireen Louw
- Venue: Bakenhof Winelands Wedding Venue
- Platejoggie: DeeJays Music
- Klavier en musiekblaaie: Johann Enslin
- Kos: Retha Rix Catering
- Dekor: MiNi’s Functions
- Koek: Liezl’s Cakes
- Blomme: Jo-Ann Franken
- Rok: Maggie Sottero by Ever After Bridalwear
- Pak: Carducci
- Hare: Megan Verburg
- Boetiek bier waentjie: Bar Di Bar