Op Chapmans Peak gaan Wian onverwags op sy knie om Marzaan die ja woord te vra. Natuurlik was sy nie bewus daarvan dat hulle vriende agter bosse wegkruip en besig is om die hele seremonie af te neem nie. Soos alle bruide lyk Marzaan so mooi op haar unieke manier dat die trane vrylik oor haar bruidegom se wang rol toe hy haar sien. Die paartjie maak seker hul spandeer ʼn paar minute alleen om die groot oomblikke in te neem en bewus te word en te ervaar dat dit hul spesiale dag is.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het saam skool gegaan, maar nooit regtig geweet van mekaar nie. In ons matriek jaar het beide van ons deel geneem aan die skool se eerste “Voorbladnooi” kompetisie – ek was een van die finaliste en Wian was een van die manne wat die meisies moes vergesel het tydens die vertoning. Deur al die oefensessies en voorbereiding van die vertoning was daar steeds nie ʼn woord aan mekaar gesê nie. Eers n paar weke later by ʼn gemeenskaplike vriendin se 18de verjaardag het Wian uiteindelik die moed bymekaar geskraap om die eerste skuif te maak. 7 Jaar later het hy die jawoord gevra.
Hoe het julle verloof geraak?
Daar was voorgestel dat ons die rugby by ʼn nuwe kuier plek naby Houtbaai moes gaan kyk. Ons was nie seker waar die plek was nie. Hy het voorgestel dat ons êrens moet aftrek en die res van die groep dan agtervolg wanneer hulle verby ry. Ons het by Chapman’s Peak gestop waar ons ʼn paar jaar gelede piekniek gehou het. Ek het voorgestel dat ons netso wel die kombers kan uitgooi en die uitsig geniet tot die res kom. Terwyl ek nog fotos neem van die mooi uitsig en omdraai om die foto vir Wian te wys, was hy op sy regterknie. Nadat ek “ja” gesê het en omdraai staan die hele groep vriende reg met ʼn bottel champagne om saam te vier. Hulle was die heeltyd besig om weg te kruip en fotos te neem van die gebeurtenis!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
7 jaar
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Julle troudag gaan te vinnig verby. Maak seker dat jy elke oomblik inneem. Vat ʼn paar minute uit die dag om net alleen te wees en in te neem wat als vandag in jou lewe gebeur het. Dit is die beste dag van jou lewe en maak seker jy neem die groot oomblikke in (al is dit net 1).
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Bakenhof Wine Estate
- Kos: Rix Catering
- Dekor & Blomme: Dinique Emporium
- Bruidegom se uitrusting: Moi Styling
- Trourok: Weddings By Design
- Bykomstighede: Carlize Bam
- Grimering en Hare: Vintage Grace
- Platejoggie + Beligting: Compact Sound
- Fotograaf: Michelle Du Toit
- Skryfbehoeftes: MC Designz