Op die eerste dag van lente vra Shaun die vrou van sy drome om sy meisie te word. Ses jaar later stap Margaux met haar droom rok van Bridal Manor vir altyd in sy lewe in. Sy lyk soos ‘n godin met haar donker hare wat krullerige oor haar smal skouers tuimel. Haar mooi groen bruin oë blink toe sy haar bruidegom sien wag. By die venue is alles gereed gemaak vir die paartjie en hul gaste sodat die dag vir hul onvergeetlik moet wees. Die tuine lyk soos iets uit ‘n feeverhaal en die onthaal gedeeltes is keurig en smaakvol versier. Die paartjie het voorwaar hul eerste dag as getroudes perfek begin en hulle besluit om saam te lag en mekaar te waardeer is die volmaakte resep vir ‘n lang en gelukkige huwelikslewe.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het in Mei 2009 mekaar vir die eerste keer deur ons vriende ontmoet. Hy het my vriendin vir my nommer gevra en ons het mekaar oor tyd beter leer ken. Hy het my op 1 September 2009 gevra om sy meisie te wees.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het op 6 September 2014 verloof geraak. Hy het my na ‘n restaurant in Waterkloof gevat vir aandete. Die kelner het vir ons elkeen ‘n glas sjampanje en nagereg gebring. Ek het op daardie stadium besef wat gebeur! Binne die nagereg sien ek my pragtige ring, waar hy my toe vra om met hom te trou en die res van ons lewens saam te spandeer. Hy het ook gereël dat beide ons families in die ander gedeelte van die restaurant wag en saam met ons die groot oomblik vier. Dit was baie spesiaal!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was vyf jaar saam toe ons verloof geraak het en een jaar verloof toe ons getrou het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Geniet elke oomblik van julle troudag, dit gaan so vinnig verby! Dit is werklik die beste dag van julle lewens so maak dit so spesiaal en onvergeetlik as moontlik. Dit is belangrik om met mekaar te kommunikeer en tyd saam te spandeer. Lag saam, gee vir mekaar komplimente, wees geduldig en bied altyd ondersteuning!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Grimeerkunstenaar: Ubella
- Dekor & Bloemiste: Café Fleur
- Troukoek: Sweet Drops of Heaven
- Skryfbehoeftes: Green Bamboo Designs
- Platejoggie: Perfect Tone
- Fotograaf + Videograaf: Mighty Fine
- Hare: SkinPHD Zambezi
- Trourok: Bridal Manor