By Mooi Troues hoor ons baie van paartjies wat mekaar al op laerskool geken het maar eers nadat hulle uit die skool is mekaar weer ontmoet en โn verhouding begin. So was dit ook met Ruaan en Liezel. Wat die paartjie na mekaar aangetrek het was hul droรซ sin vir humor en lawwigheid. Dis min ouens wat op โn bed op en af spring (amper soos Tom Cruize op Oprah se bank) om sy liefde te verklaar teenoor sy droom vrou. Hulle lyk sjarmant tog gemaklik tydens hulle verlowings fotosessie deur DGR Fotografie. Tussen fynbos en proteas vang die fotograaf mooi en intieme oomblikke tussen die mooi paartjie vas. Ten midde van die mooi natuurskoon om hulle, het hulle net oรซ vir mekaar.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek was in Gr1 en Ruaan was in Gr2 toe ons mekaar ontmoet het. Ek het op hoรซrskool die grootste โ crushโ op hom gehad. September 2014 het ons paaie weer gekruis en โn week later was ons op ons eerste afspraak. Ons is albei bietjie mal koppies en met ons vreemde droรซ sin vir humor het dinge net gewerk. Elke pot het sy deksel, al is beide die pot en die deksel bietjie skeef.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het die aand na โn troue by โn gastehuis oorgebly. Nadat ons terug gekeer het na ons kamer ( papnat gereรซn) het Ruaan soos โn stout kind op die bed gespring en verklaar: โDie storie werk nie meer vir my nie, ons verhouding moet โupgradeโ. Ring in die hand staan hy toe daar en giggel. Heng, ek dog hy is besig om my te โdumpโ. Ek het net besef, as โn man jou regtig so lief het dat hy jou nat gereรซn en deurmekaar sal vra om te trou, moet dit ware liefde wees!!!!
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons trou 1 Oktober 2016.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: DGR Photography