By hul gunsteling plekkie op Tafelberg vra Brad vir Lieske om sy vrou te word. Sy het lank geneem voordat sy seker was dat Brad die man vir haar is maar op die ou einde het hy haar hart gesteel. Brad ken haar so goed dat hy die keuse van die verloofring aan haar oorlaat. Lieske se ewe mooi suster, Elske Rightford, neem as bruidsmeisie die verantwoordelikheid op haar om die dekor, blomme en troukoek te doen, Sy oortref haarself in elke aspek soos op die troufoto’s gesien kan word. Die paartjie onderneem om in hul huwelik altyd tyd vir mekaar te maak deur vooraf afsprake te reël en daarby te hou. Dit is beslis ‘n goeie resep vir ‘n gelukkige en romantiese huwelik.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het by gemeenskaplike vriende se kersfees partyjie ontmoet in 2011. Ons het dadelik ‘n konneksie gehad maar dit het vir my ‘n paar maande geneem om oortuig te wees dat Brad dié een is..
Hoe het julle verloof geraak?
Brad het by ons gunsteling plek op Tafelberg die groot vraag gevra. Hy het ‘n hele toespraak op sy telefoon voorberei en opgeneem sonder dat ek daarvan geweet het. Na sy toespraak het hy op sy een knieg gegaan en vir my ‘n rooi roos gegee en gevra om met hom te trou. Nadat ek ja gesê het, het hy verduidelik dat hy verkies dat ek my eie ring moet gaan uitsoek omdat hy weet hoe uitsoekerig ek is. Daarna het hy my vir aandete uitgeneem. Blomblare was oral gestrooi en ‘n bos van my gunsteling rose het daar vir my gewag!.
Hoe lank was julle saam voordat julle getrou het?
Ons het vir net meer as 2 jaar uitgegaan voordat ons verloof geraak het en vir net meer as 1 jaar verloof voordat ons getrou het. Op 22 April vier ons ,ons 4 jaar herdenking.
Advies wat jul aan ander paartjies kan gee?
Beplan afspraak aande voor die tyd en maak daarvan gebruik Al is dit net tuis. Geniet kwaliteit tyd saam en doen dinge wat albei sal geniet!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Moira West Photography
- Trourok: Elbeth Gillis
- Venue: Val du Charron Wine and Olive Estate
- Hare en Grimering: Nadia Professional Make-up and Hair
- Platejoggie: Colin Sher