In ‘n laning dennebome stap die stralende bruid in ‘n sprokiesmooi trourok van Bridal Manor om haar bruidegom te ontmoet. Hulle het reeds op laerskool mekaar raakgesien, maar eers na hulle skool loopbaan het hulle weer ontmoet. Hierdie keer om vir altyd by mekaar te wees. In samewerking met die skoon moeders en skoonsus word Christel se ouerhuis opgemaak met kerse, liggies en roosblare terwyl Stefan haar vir ‘n aandjie uitneem. Christel het ‘n voorgevoel en voel effens teleurstelling toe hy nie in die loop van die aand die groot vraag vra nie. Tuis wag daar toe egter ‘n groot verassing toe hy op sy knie gaan. Die familie is ook daar om hul blydskap te deel en saam fees te vier.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
My en Stefan se paadjies het die eerste keer gekruis toe ons in Graad 4 saam op Laerskool was (waar ons eintlik vir die eerste keer “gekys” was en van mekaar vergeet het, na ‘n lang skoolvakansie).
Ons paadjies het toe weer later gekruis op Hoërskool (ons was in verskillende Hoërskole) toe gemeenskaplike vriende ons weer aan mekaar voorgestel het. Ons lewens-paadjies het so toe saam begin.
Hoe het julle verloof geraak?
Op ons 11 jaar herdenking, het Stefan die dag beplan in samewerking met my ma, skoonsuster en toekomstige skoonma. Dit het begin met ‘n uitstappie dieretuin toe, sodat hulle my ouerhuis kon opmaak. Die aand het Stefan my bederf by die Saxon Hotel (waar ek in my agterkop gedink het dat hy enige oomblik die groot vraag gaan vra). Dit het toe nie daar gebeur nie. Ek het half teleurgesteld by my ouerhuis aangekom, waar die hele huis vol kerse, liggies en roos blare was. Stefan het op sy een knie gesak. Net toe ek die “ja” woord gee tussen die trane deur hoor ons die familie buite juig, waarna die feesvieringe begin het.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was vir 11 jaar saam voor ons verlowing, en ons is toe getroud 20 dae voor ons 12 de herdenking saam.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Die beste advies wat ons kan gee is om te onthou dis julle troue en lewe saam. Luister na almal maar behou die goeie.
Julle kan alles mooi beplan en uiteensit, maar ongelukkig is daar tye wat nie perfek uitwerk nie of julle kan omkrap. Vat ‘n dag of twee vir jouself en pak die situasie dan later met positiwiteit aan.
- Fotograaf & Videograaf: Mighty Fine
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Florence Guest Farm
- Dekor & Blomme: Trendy settings
- Grimering: Beauty and the Brush
- Hare: Gary Rom Midstream
- Trourok: Bridal Manor