Oor ‘n eerste afspraak met skemerkelkies raak Chantelle en Darren verlief. Op ‘n Paasnaweek verras hy haar in ‘n luukse suite met die groot vraag in brande kerse op die bed uitgepak. Bravo Fotografie maak seker dat elke spesiale oomblik op hul troudag baie mooi op kamera vasgelê word. Die fyn Chantelle lyk baie mooi toe sy by die kerk instap. Sy raak emosioneel toe sy in haar bruidegom se oë kyk en kan nie die trane terughou nie. Meer as een gas by die seremonie moet ook op daardie oomblik self na hulle sneesdoekies gryp. Die liefde is so mooi en die oomblik so groot wanneer twee mense vir ewige saamgevoeg word dat dit ook nie anders kan nie.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Darren se neef Bryce, saam wie ek gewerk het destyds, het ons aan mekaar voorgestel. Bryce het gedink ons sou perfek wees vir mekaar (en ons was!). Nadat ons vir ‘n geruime tyd op sosiale media met mekaar gesels het, het ons ontmoet vir skemerkelkies by Primi Piatti – ‘Jam Jars’ om presies te wees – en dis toe net daar waar die ‘magic’ gebeur het.
Hoe het hy jou die ja-woord gevra?
Darren het gereël dat ons weg gaan vir Paas naweek. Hy het my laat glo dat ons gaan kamp en dat ons van gemeenskaplike badkamers sal moet gebruik maak . Min het ek geweet dat hy eintlik vir ons ‘n wittebrood suite bespreek het by ‘n deftige gastehuis. Hy het al my gunsteling kos en lekkernye ingepak vir die naweek. Op die Saterdag het ons na ‘n water oord toe gegaan vir ‘n paar ure, Daarna het ons ‘n paar pikante skemerkelkies gedrink en garnale vir aandete gehad (my gunsteling!) Ons is daarna terug na die gastehuis waar ek ‘n ontspannende borrelbad geniet het in hulle groot luukse bad. Terwyl ek in die bad was het Darren die hele kamer versier met kerse en geskenke. Toe ek in die kamer kom sien ek dat hy op die bed met kerse die woorde, “Trou met my?” geskryf het. Dit was ongelooflik romanties en baie sentimenteel. Hy ken my die beste en ek sou dit geen ander manier wou hê nie!
Hoe lank was julle ‘n paartjie voordat julle getrou het?
Ons het eintlik getrou op ons vier jaar herdenking 21 November 2015
Watter advies kan jy aan ander paartjies gee?
Dit kan wees oor jou troudag of net bloot hoe om gelukkig te bly as ‘n paartjie? Vir jou trou dag: Maak seker jy het iemand in beheer van jou spesiale dag sodat jy kan ontspan en dit alles kan inneem, sonder die spanning en gestres oor die reëlings. Vir ‘n gelukkige huwelik: Stel doelwitte as ‘n paartjie en bereik hulle saam. Laat jou eggenoot weet hoe baie jy vir hul omgee elke liewe dag en geniet net julle lewe saam en die avonture wat julle toekoms inhou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Troukoek: Terry Pop
- Trou Rok: Galli Bridal and Design Studio
- Grimering: Ashton Gibson
- Hare: Hair 4 U Ballito
- Bloemis: The Flower Shop
- Fotograaf: Bravo-Photography