Lizane straal in ‘n sagte pienk trourok op haar groot dag. Dis steeds vir haar onwerklik dat Ben, wat sy as student ontmoet het, vir haar by die altaar wag! Hulle was dadelik aangetrokke tot mekaar en sy het net daar besluit dat hy die man vir haar was. Met ‘n slenter verras hy haar met ‘n gedekte tafel en baie liggies by die gastehuis waar hy werk. Heel romanties speel hy hul gunsteling liedjie op sy kitaar en verander die woorde sodat hy haar eintlik vra om te trou.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het mekaar ontmoet by die Universiteit van Pretoria, Ben het my skamerig benader voor die filosofie klas geklee in die “sexieste” rugstut, nadat hy drie maande vroeër saam sy pelle sy rug beseer het (Soos jul kan dink was dit ‘n fantastiese ysbreker). Daar was dadelik ‘n vlam en ons het gesels, gegiggel en selfs ons drome gedeel op die grasperk voor Oom Gert se Plek vanaf vroeg middag tot laat aand. Dit was vreemd, ek het geweet hy was die man vir my en soos enige jong dame het ek geglo dit was te goed om waar te wees. 4 Jaar later het my lewe, my van, en my hart heeltemal verander.
Hoe het julle verloof geraak?
Dis ‘n snaakse verhaal. Ek dink ek het dit sien kom toe Ben my gevra het om mooi aan te trek omdat ons ‘n bespreking by een of ander luukse restaurant gehad het. Die aand toe dit aanbreek en hy by die huis aankom, bel sy baas hom en sê daar is ‘n probleem by die gastehuis wat Ben bestuur. Teleurgesteld ry ons toe deur gastehuis toe om die probleem uit te sorteer met die gedagte dat die spesiale oomblik maar ‘n ander aand moet gebeur. Toe ons daar aankom is alles donker behalwe die saal, waar daar klein liggies deur die venster flikker en die deur op ‘n skrefie oopstaan. Ek dink natuurlik dis inbrekers! Hy vat toe my hand en sê dat ek naby moet bly terwyl hy my na die saal lei.
Toe ons by die saal se deur kom toe weet ek. ‘n Rooi tapyt met kersies wat lei tot ‘n gedekte tafel vir twee, en uit die hoek van my oog sien ek sy kitaar. Na ons voorgereg, stap hy na sy kitaar toe en speel en sing hy vir my ons liedjie- “First day of my life” maar die keer het hy die laaste vers verander na trou met my en natuurlik bars ek toe in trane uit. Hy gaan toe op sy knieg en herhaal die vraag toe ek tot verhaal kom. Ek het geantwoord, “Met my hele hart.” Hy het gelag en gesê, “Ek hoop dis ‘n JA?”
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons is al gekys vir 3 jaar en 11 maande
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
‘n Gelukkige verhouding is ‘n verhouding, waarvan God deel is; saam dit kom alles anders soos vertroue, respek, intimiteit, komplimente, samewerking en kommunikasie. Dit skep ‘n ruimte waar jul kan praat nie net oor jul verskille nie, maar ook jul drome vir die toekoms.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograwe: ReLife Photography
- Koek: Essen Food Nomads
- Grimering: Surika Nel
- Rok: Gypsy Closet
- Dekor: Inspired tables
- Stoele: Tiffany Chairs
- Hare: Chantal by Headrush
- Venue: Merops wedding and conference venue