As jy nie ʼn meisie se aandag kan kry nie, gooi haar met ʼn bal. As dit nog nie werk nie vra haar ma of jy hulle reisgeselskap kan wees op ʼn lang vlug van Duitsland na Suid Afrika. Matt vra die groot vraag weereens met ʼn slim slenter en stories van ʼn vertroulike pakkie wat hy in sy baas se hotelkamer moet gaan aflewer. Dit maak nie saak hoe jy die vrou van jou drome in die hande kry nie. Solank die liefde wen is geen moeite of slenter te veel om dit reg te kry nie. Geluk Matt. Jy verdien die mooie Melissa. Ons by mooi troues hoop dat julle lewenspad net so vol pret en vreugde sal wees soos in julle mooi verlowings fotos gesien kan word.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek en Matt het op 26 Oktober 2004 ontmoet. Ons het albei Suis Afrika in ʼn karate kompetisie in Duitsland verteenwoordig. Maat het my aandag probeer kry deur my ʼn paar keer met ʼn bal in ʼn swembad te gooi ʼn paar dae voordat ons mekaar regtig ontmoet het. Hy het my 2 keer raak gegooi. Die dag toe ons Duitsland verlaat het my ma wat saam met my gereis het, my vertel van ʼn jongman wat by ons wou aansluit met die terugkeer sodat hy nie alleen hoef te reis nie. Dit was die heeltyd Matt.
Hoe het julle verloof geraak?
Matt reis baie na Abhu Dhabi vir werk. Eendag nadat hy teruggekeer het, het hy gesê dat daar ʼn pakkie was wat sy baas moes kry maar dat hy reeds weg is na die Monarch Hotel in Rosebank waar hy sou tuisgaan. Ons sou die pakkie gaan aflewer en sommer ʼn paar drankies saam met hom geniet.
Daar aangekom het ons na sy baas se kamer gegaan. Matt het alleen ingegaan omdat die pakkie baie vertroulik was. Matt het in die kamer gou met sy beste vriend gereël om fotos te neem van die hele “proposal”. Terwyl Matt in Abhu Dhabi was het hy ʼn “scrapbook,” gemaak van al ons herinneringe deur die jare. Hy het daardeur gelees en toe op sy knie gegaan en die groot vraag gevra.
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons trou 28 Mei 2016
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Tavati Photography