Luani slaan asems weg toe sy te voorskyn kom in haar trourok van Bridal Manor. Die Wit bloeisels in haar hand val in harmonie met die geborduurde kant wat wasig om haar vleklose hals en rug lyn pryk. Haar troudag is sprokiesmooi. Hoe anders met โn bruidegom wat geen steen onaangeraak gelaat het om die vrou van sy drome op die mees romantiese manier te vra om te trou nie. In โn restaurant hoog bo die glinsterende liggies van Johannesburg gaan hy op sy knie. Sy toekomstige vrou en haar vriendin is van kop tot tone uitgevat in uitrustings wat hy en Luani se tweeling suster spesiaal vir hulle gaan uitsoek het.
Wit spookasem torings op die agtergrond van โn hoรซ sink skuur tower โn unieke prettige foto van die bruidspaar en gevolg op. Soos die meeste paartjies verloor Luanie en Wessel nie uit gedagte dat hul daar is om die grootste dag van hul lewe te vier en alles juis om hulle gaan.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het mekaar vir die eerste keer raakgesien in 2009, ons matriek jaar. Ons was โn klompie jare saam in dieselfde voog klas maar ons romanse het eers in die laaste jaar van Hoรซrskool begin.
Hoe het julle verloof geraak?
Dit het alles begin met โn verassing die eers komende Saterdag in Johannesburg. Ek vind toe โn paar dae later uit dat een van my goeie vriendinne ook โn verassing hรช. Dit was ook op dieselfde Saterdag in Johannesburg. Almal het natuurlik geweet dis die groot dag en saam gespeel.
Wessel het die Vrydagaand gemaak of hy laat werk. Hy het eintlik die balkon by sy werk, wat uitkyk oor die hele Johannesburg, versier met honderde fotoโs, liggies en lanterns. Sy plan was โn romantiese ete en om daar die vraag te vraโฆ
Ek was die Saterdag opgelaai en oppad na sy woonstel het ons verby sy werk gery. Hy sien toe dat die wind en weer alles afgewaai het en moes vinnig aan โn plan B dink. Toe ek en my vriendin by sy woonstel aankom was daar vir ons gesรช dat ons 30minute het om onsself mooi te maak. My tweeling sussie het vroeรซr die week my verloofde gehelp om vir my die mooiste rokkie, juwele en skoene uit te kies. My vriendin het dieselfde gekry net om my van die spoor af te lei.
Ons is daarna na โn deftige hotel in Johannesburg waar ons iets gedrink het. Wessel reรซ dat ons na die Restaurant van die hotel gaan met die mooiste uitkyk oor die stad. Ons het die hele restaurant vir onsself gehad. Ek stel toe voor dat ons โn paar fotoโs neem en net toe ek wou regs draai om Wessel vas te hou vir die foto word ek verras met hom af op sy knieg. Dit was โn bitter spesiale oomblik. Ek het natuurlik ja gesรช en ons het die aand gevier met die lekkerste โwine pairingโ ete by DWeleven13.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was โn volle 6 jaar & 6 maande saam voordat hy my gevra het om met hom te trou.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Moet nie perspektief verloor nie. Daar gaan soveel tyd in al die beplanning in dat mens maklik fokus verloor van die eintlike rede vir die dag. Geniet elke oomblik van verloof wees. Doen wat vir julle lekker gaan wees en moet nie toelaat dat enige iemand die dag of die aanloop daarvan vir julle bederf nie.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ล diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: JCclick
- Videograaf: Whoโs Annah
- Venue: Snowflake Mill Potchefstroom
- Dekor: Dankie aan al my familie, vriende en vriendinne โ DIY
- Spyseniering: Berglau
- Spookasem: Visionary Delights โ Home of the Supersize Candy Floss
- Grimering & Hare: Timeless Makeup & Hair
- Bruidegom: Zara
- Strooimeisies Rokkies: YDE
- Musiek: Party Boys
- Trourok: Bridal Manor