In die mooi woud tuin van Hertford Country Hotel lyk die bruidspaar soos iets uit ʼn sprokies boek. Shyann lyk soos ʼn woud godin met haar donker los hangende hare waarin net ʼn paar wit blommetjies gevleg is. Nooit sou sy as F-Cee se werknemer kon droom dat haar groot dag in sy arms sou wees nie. Hy steek haar verloofring weg in ʼn boek wat sy nooit sou lees nie maar tog die storie van ʼn liefdesverhaal begin waarin die paartjie mekaar vind en ewige trou aan mekaar beloof. Die romantiese klein kapel met sy rietdak en houtbalke by Hertford Country Lodge is volmaak vir die gebeurtenis. Eerlikheid en ope kommunikasie is vir die mooi paartjie belangrik. So sal hulle altyd in woeling van mekaar se gevoelens en denke wees.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek het vir F-Cee gewerk vir so 2 Jaar en daarna het ons, ons onderskeie paaie gegaan. ʼn Paar jaar later het ons mekaar weer raak geloop en dinge het maar net van daar af so uitgewerk!
Hoe het julle verloof geraak?
Die oggend het begin soos enige ander oggend behalwe dat ons so bietjie in mekaar se hare was, nie altyd maanskyn en rose nie. Snaaks genoeg wou hy my met die kabelkarretjies opneem in Hartbeespoort. Ons het daar rong gedwaal en was op pad om iets daar te gaan drink. Hy het skielik ‘n geskenkie onder sy baadjie uithaal. Dit was toegedraai in rooi en groen papier om dit te vermom as ‘n vroeë kersgeskenk. Daar was ‘n boek in waarvan ek glad nie eens kennis gehad het nie. Hy gesê dat daar vir my ‘n boodskap binne in is. Toe ek die boek oopmaak gaan dit outomaties na die blad waar daar ‘n gat ingesny is. Die ring was binne-in omring met die woorde “Will you marry me,” Hy was toe reeds voor my op sy knie.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ongeveer 2.5 jaar
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Eerlikheid en Openlikheid. Deel mekaar se gevoelens, emosies en opinies openlik en wees eerlik daaroor. Moet nie aanvaar dat hy/sy gaan weet wat jy voel of dink nie, want dit werk nie so nie. Leer mekaar ken en verstaan deur te deel en alles onder die son openlik te bespreek.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Blomme: Daisy Flowers
- Fotograaf: Nanet Skead
- Venue: Hertford Country Hotel
- Musiek: Green key Events
- Rok & Juwele: Lady Anne Bridal