Tussen die eerste bloeisels van ‘n appelboord straal Ernst en Tanya terwyl ‘n fotograaf van e.Late Fotografie hul verlowings fotos op film vas lê. Die paartjie het mekaar die eerste keer raakgesien toe Ernst oor Tanya se bene klim waar sy en haar vriendinne in ‘n gang gesit het. Oogkontak is gemaak en ‘n glimlag uitgeruil. Die liefde het sy manier om twee mense by mekaar uit te bring en so was dit ook met hierdie mooi paartjie. Hulle ontmoet later weer in ‘n kuierplek en is daarvandaan onafskeidbaar.
Tydens ‘n vakansie in Mosambiek steek Ernst sy ring aan Tanya se vinger. Hulle toekomsdrome is groot en hul liefde vir mekaar net so mooi soos die natuurtonele op die familie plaas waar e.Late fotografie besondere fotos neem. Romanties mooi in ‘n lang rooi rok staan Tanya uit in haar toekomstige man se arms. Sy lyk asemrowend in die vlak water van die uitgestrekte Theewaterskloof dam.
Ons by Mooitroues wens hulle alle voorspoed en die mooiste troudag toe.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons was studente van Stellenbosch en dit was Jool toe een van my beste vriendinne in ‘n nuwe woonstel ingetrek het. Vir ons was die beste manier om nuwe mense te ontmoet om in die middel van die gang te gaan sit, haha. Nie te min, loop – klim daar een dag ‘n oulike ou met die mooiste blou oë oor my. Ons het oogkontak gemaak en geglimlag, en netso was die koeël deur die kerk! Maande later het ons mekaar raak geloop in ‘n kuier plek en die res is geskiedenis.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons was op ons eerste cruise na Mosambiek! Na ‘n dag van snorkel en swem, is ons moeg na ons kajuit. “Oë toe en hand oop,” het hy skielik gesê. Senuweeagtig het ek my hand uitgesteek, bang vir wat dit kan wees aangesien ons sopas uit die see gekom het en hy bekend is vir sy “grappies” . Toe ek iets voel aan my vinger geplaas word, vlieg my oë oop en die eerste ding wat ek sien is die ring. Sy oë vind toe myne en hy vra my, “Sal jy my vir altyd lief hê?”. Natuurlik was dit JA!!!
Wanneer beplan julle om te trou?
21 November 2015!!! By ‘n Langkloof Roses net buite Wellington saam met ons familie en vriende. Ek kan nie wag nie!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: e.Late Photography
- Plek: Familie plaas net buite Theewaterskloof dam in Villiersdorp
- Grimering: Tarien van Placecol Paarl
- Hare: Mikele by Fringe Hair & Make-up Studio