Die paartjie verliefde paartjie lyk gemaklik in denim en stewels waar hul verlief in mekaar se oรซ staar. Deidre kon nie anders as om ja toe sรช toe Stephan met die mooi groen oรซ die ring uithaal en haar vra om te trou nie. Op die agtergrond was die maan vol in die naghemel terwyl hulle alleen op die dek van hul naweek-plekkie โn drie-gang maaltyd geniet. Hulle mooi verlowings fotos op โn plaas waar sitrus swaar aan die bome hang is baie uniek. Hulle geniet elke oomblik van die fotosessie terwyl hul honde-kind seker maak hy is deel van die groot herinnering.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek het saam met โn paar vriende vir โn naweek in Jeffreysbaai gaan kuier en het vir Stephan daar ontmoet. Toe ek die eerste keer in sy groen oรซ kyk het ek geweet dit is my trou man. Dit was in November 2010.
Hoe het julle verloof geraak?
Hy het โn verrassings naweek gereรซl. Ons het die Saterdag ingeboek by Oceana naby Port Alfred. Hy het gereรซl dat ons โn drie gang maaltyd op ons dek by die kamer eet die aand. Dit was heerlik. Ons het by kerslig gesit en die maan was uit. Dit was so romanties!! Toe hulle die nagereg neersit het ek onmiddellik โn happie gevat. Toe se Stephan dat hy my iets wou vra voor ons begin eet!!!
Daai happie nagereg het soos poeier in my mond geraak. My hart het so vinnig geklop. Hy het โn ring boksie oopgemaak en daar was my trouring!
Ek het natuurlik JA gesรช, opgestaan en hom gesoen.
Wanneer het julle getrou?
Ons is die 28ste November by Lombardini naby Jeffreysbaai getroud