Ruan & Bianca se selfdoen troue

Ruan gebruik ʼn wegbreek naweek in Knysna waar hulle familie en vriende ook teenwoordig is om die vrou van sy drome te vra om te trou.  Sigare en vonkelwyn word uitgehaal terwyl ʼn orkes iewers speel en vuurwerke op die strand afgegaan.  Dit is vir die plat op die aarde paartjie presies soos hulle die oomblik wil onthou.  Bianca slaan asems weg toe sy in ʼn baie mooi trourok, afgerond met ʼn silwer lyfbandjie, aan haar pa te arm by die kerk instap.  Tydens die onthaal bly die paartjie die heel aand naby mekaar en as hulle nie is nie, hou hul oogkontak.  Met ʼn agtergrond van stringe wit liggies dans die mooi paartjie styf in mekaar se arms.   Hulle het een geword vir altyd en altyd.

Ruan en Bianca se troue_0001Ruan en Bianca se troue_0002 Ruan en Bianca se troue_0003Ruan en Bianca se troue_0004 Ruan en Bianca se troue_0005


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het by ʼn braai deur gemeenskaplike vriende ontmoet. Ons het nie eenkeer met mekaar gepraat nie omdat ons albei nogal skaam is. Later die aand het ek ʼn boodskap van Ruan ontvang. ʼn Paar afsprake later was ons mal oor mekaar. ʼn Mens weet net as jy die een ontmoet het want dit was met ons die geval.


Ruan en Bianca se troue_0006 Ruan en Bianca se troue_0007Ruan en Bianca se troue_0008


Hoe het julle verloof geraak?

Ons het 4 maande na ʼn lang afstand verhouding verloof geraak. Ons het familie ontmoet in Knysna vir ʼn lekker naweek voordat Ruan vir ʼn week vakansie Kaapstad toe sou kom. Dit was die perfekte geleentheid vir hom omdat hy weet hoe baie dit vir my sou beteken as ons familie en vriende ons verlowing saam met ons kan vier. Die Saterdagaand het ons by ons vriende se akkommodasie by Pezula gebraai. Dit was daar wat Ruan ʼn stil oomblik gebruik het om die groot vraag te vra. Al die mans het sigare aangesteek en die vrouens het champagne oopgemaak. Ek sal nooit die aand vergeet wat hy my gevra het om vir altyd sy vrou te word nie. Ek herinner hom nog steeds daaraan vir altyd is vir altyd vir ons. Daar was ʼn beplande orkes en vuurwerke op die agtergrond. Dit het baie mooi by ons gepas want dis soos ons is. Dol verlief en plat op die aarde.


Ruan en Bianca se troue_0009 Ruan en Bianca se troue_0010Ruan en Bianca se troue_0011


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was 11 jaar saam waarvan ons 2 jaar en 2 maande verloof was toe ons getrou het.


Ruan en Bianca se troue_0012 Ruan en Bianca se troue_0013Ruan en Bianca se troue_0014 Ruan en Bianca se troue_0015


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Geniet elke oomblik van die beplanning van jul groot dag. Jy is daardie dag daar om met die persoon te trou wat jy lief het, so geniet dit saam. Wees heeltyd naby mekaar en behou oogkontak deur die hele dag. As iets verkeerd loop moet nie dat dit jou dag bederf nie. Skud dit af en maak seker jy geniet jou gaste. Eet en geniet ook die kos wat julle gekies het.


Ruan en Bianca se troue_0016 Ruan en Bianca se troue_0017 Ruan en Bianca se troue_0018 Ruan en Bianca se troue_0019 Ruan en Bianca se troue_0020 Ruan en Bianca se troue_0021 Ruan en Bianca se troue_0022 Ruan en Bianca se troue_0023 Ruan en Bianca se troue_0024
Ruan en Bianca se troue_0026 Ruan en Bianca se troue_0027 Ruan en Bianca se troue_0028 Ruan en Bianca se troue_0029 Ruan en Bianca se troue_0030 Ruan en Bianca se troue_0031 Ruan en Bianca se troue_0032 Ruan en Bianca se troue_0033 Ruan en Bianca se troue_0034 Ruan en Bianca se troue_0035 Ruan en Bianca se troue_0036

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: After Effect Photography
  • Grimering: Tarryn Harding Makeup Artist
  • Trou rok:  Natalia Trisolino
  • Strooimeisie Rokke: Hoiden
  • Haarstillis: Hair and Beauty
  • Bloemis: Allen and Thersea’s Flower Boutique
  • Dekor: “DIY” gemaak deur Bianca se Ma, Oupa & Ouma en Strooimeisie
  • Koek: House of Bakes<
  • Prokureur:  David Thompson
  • Skryfbehoeftes: Paper Master
  • Venue: The Granary
  • Video: Salvelio Meyer Productions
  • Akkommodasie: Radisson Blu

[endsection]