Dit was deur die gekonkel wat twee jarelange vriendinne dat hulle kinders ontmoet. Michael het nadat hy golf gespeel het by sy ouerhuis gaan kuier. Net soos die vriendinne dit beplan het was Erin ook daar. Hulle was natuurlik heel in hul noppies toe die twee kinders heel aand lekker gesels en saam kuier. Hul vriendskap het vinnig oor gegroei na liefde en een aand toe Michael op sy knie gaan met ‘n ring in sy hand, was Erin eers onseker. Nie omdat sy oor hul liefde getwyfel het nie maar wel omdat hy ‘n groot grapjas is en lekker kan spek skiet. Hy was egter dood ernstig en daar het reeds rose en vonkelwyn buite in die tuin gewag.
Hulle troudag is sprokiesmooi in ‘n klip kapel met groot ronde balke en ‘n rietdak. Kerse verlig die growwe klip mure en koepel hout vensters by die altaar. Erin lyk baie mooi toe sy deur ‘n wasige sluier vir haar bruidegom glimlag. Die lenige Michael lyk self aantreklik in ‘n donker pak en wit hemp. Die bruidspaar het besluit om hul huweliksdag net te geniet omdat dit hulle dag is en hul net elke oomblik daarvan wil indrink.
Hoe het hulle die eerste keer ontmoet?
Michael en Erin het ontmoet deur hulle Ma’s wat vriende was van die ouderdom van 15. Hulle het gekuier een dag en het met ‘n slim plan opgekom om die twee aan mekaar voor te stel. Dit het alles toevallig gebeur toe Michael eendag vir sy ouers gaan kuier het na golf. Erin was ook daar. Op die ou einde het die twee die heel dag lekker saam gekuier.
Hoe het hulle verloof geraak?
Michael en Erin het klaar saam gebly en Erin het op die dag by die huis gekom van Universiteit. Toe sy in stap het sy agtergekom hulle twee hondjies (huskies) het blomme om hulle halsbandjies gehad.
Sy het eers gedink dit is baie vreemd. Hy het toe aangedring dat sy hom kom groet. Dit was vir haar vreemd maar sy het nie verder daaroor gedink nie. Hy het gesê dat daar iets is wat hy haar wil vra. Daarna het hy op sy knie gegaan en die groot vraag gevra. Michael was nog altyd ‘n groot grapjas daarom was Erin eers onseker en het sy hom gevra of hy ‘n grap maak. Sy het hom egter geglo toe hy die dosie met die ring binne oopmaak. Daarna het hy haar verras met rose in die tuin, champagne en sjokolade. Sy het later uitgevind hy sou haar gevra het op ‘n vakansie in die wildtuin wat vir die volgende week beplan was. Hy kon egter net nie meer wag nie.
Hoe lank was hulle saam voor hul getrou het?
1 jaar en 5 maande
Advies wat hulle aan ander paartjies kan gee?
Moet nie jouself bekommer oor alles nie en moet ook nie alles oor dink nie. Moet nie dat almal se opinie jou beinvloed nie, want daar sal altyd klomp mense met opinies wees. Wees net jouself en onthou julle trou dag gaan oor julle en die liefde wat jul vir mekaar deel. En al gaan alles nie presies soos jy dit beplan nie moet julle net mekaar en julle liefde vir mekaar geniet.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Maiden Moose Photography
- Koek: Baker boys
- Dekor en blomme: Love & Grace
- Venue: The Farm Inn
- Grimering: Bridal Hair and Makeup
- Rok: Euro Bride
- Pak: Your Pal
- Video: Pink Flower Production