Dit is die mooi blonde meisie wat Jannie se oog vang toe Liezel saam met haar gesin een naweek op hulle vakansie plaas saam met haar ouers kuier. Dis egter in die mooiste Kaap waar hy haar vir ‘n romantiese piekniek in die Kirstenbosch botaniese tuin vat om die groot vraag te vra.
Hulle koer verlief in pragtige natuur tonele tydens hul verlowing se fotosessie. Ons hou in besonder van die idee op die ou treinspoor en rangeerstasie wat herinner aan tonele uit Ballade vir ‘n Enkeling.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Jannie het grootgeword op ‘n plaas buite Somerset Oos wat n Lapa en verblyf het waar mens vakansie kan gaan hou. Ek en Jannie het in 2007 op die plaas ontmoet toe ek en my gesin vir ‘n langnaweek op die plaas gaan kuier het.
Hoe het julle verloof geraak?
Jannie het my verras met n picnic by Kirstenbosch Botaniese Tuine in Kaapstad. Hy het n picnic mandjie by een van sy vriendinne geleen, dit self gepak met allerhande snacks en shampanje, en vir ons die beste plekkie weg van die baie mense en met die mooiste uitsig oor die Kaap gesoek om te sit. Eers na al die snacks het Jannie die moed bymekaar geskraap om die groot vraag te vra en hy het op sy knie gegaan daar op die gras. Natuurlik was my antwoord ja!
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons troue was op 24 Oktober 2015 in Port Elizabeth.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Stella Blanca Photography
- Grimering: Leon Botha