Ons glo Robert en Elida sal in die geur van sitrus altyd herinneringe hê aan die dag toe hulle baie verlief in ʼn lemoen boord vir hul verlowings fotos poseer het. Leandrie du Plessis Photography gebruik die kontras van geel en groen in die boord om prentjiemooi foto’s van die sprankelende paartjie op te tower. Die foto’s is baie natuurlik en onopgesmuk. Robert is gemaklik geklee in ʼn kakie kortbroek en Elida in ʼn denim. Ons hou van die speelsheid in sommige foto’s waar hulle lemoene in die lug gooi en ewe laf hulle oë daarmee toemaak.
Robert het geskimp dat die nooi van sy hart hom moet vra om te trou maar sy het volgehou dat dit ʼn man se werk is en prontuit geweier! Waarskynlik was dit sy manier om haar daarop voor te berei dat hy haar vir ewig syne wil maak. Een aand in die wildtuin, hulle gunsteling wegbreek plek,” het hy op sy knieë gegaan en toe maar self die groot vraag gevra.
Hoe het jul ontmoet?
My klein niggie en haar man is goeie vriende van Robert. Hulle was almal in die bosveld vir ‘n naweek. Robert het gespot en gevra of sy nie dalk oulike vriendinne het waaraan my niggie hom kan voorstel nie en sy se toe maar sy het ‘n niggie wat enkellopend is. Hy het vir my ‘n Facebook “invite” gestuur en vreemd genoeg het ek “accept,” wat ek nie met vreemdelinge normaalweg doen nie. Ons het vir 2 weke net gesels op WhatsApp voor ons mekaar ontmoet het. So tegnologie het hier vir ons gewerk.
Hoe het jul verloof geraak?
Ons was in Junie wildtuin toe gewees. Dit is een van ons gunsteling plekke om te gaan vir ‘n wegbreek. Ons het die aand buite gesit en gesels oor as ons trou en hy het my begin vra wanneer gaan ek hom dan vra om te trou. Ek glo dis die man se werk!!! En na ‘n paar keer se verduidelik dat ek dit nie gaan doen nie, het hy gesê hy sal dan maar moet en het op sy kniee gegaan en die groot vraag gevra. Vir my was dit die perfekte oomblik!
Wanneer beplan jul om te trou?
Ons het getrou trou 6 Februarie 2016 by Cussonia Crest, de Wildt. Dit is ‘n ongelooflike mooi venue en die mense van Cussonia Crest is regtig baie vriendelik en behulpsaam. Ons kan nie meer wag vir die groot dag nie.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Leandrie du Plessis Photography
- Hare en Grimering: Ilana Kramer van Cosmetiek