Renata was nie op soek na die liefde toe sy vir Hugo een aand in ‘n club ontmoet nie. Daardie aand het hy nie soos in sommige liefdesverhale dadelik haar voete onder haar uitgeslaan nie. Ware liefde laat hom egter nie net so miskyk nie. Die volgende dag het die vlammetjie begin brand toe hulle vir mekaar gesms het. Hugo het eers haar beste vriend en toe pilaar geword. Niemand is volmaak nie daarom is ware liefdes juis om te leer om die onvolmaakte volmaak lief te hê
In ‘n woud wat grens aan Renate se ouers se Hartebeespoort Estate het Hugo op sy knieg gegaan en haar gevra om sy vrou te word. Hulle hondekind, Bazil, was veronderstel om eers die ring aan sy bandjie te dra maar net soos kinders is, wou hy liewer speel.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Hugo en Renata het ontmoet of 6 September 2014 in ‘n klub (hulle het bewys dit kan gebeur). Dit was ‘n interessante aand want Renata was nie opsoek na ‘n verhouding nie en was nie dadelik beïndruk met Hugo nie, maar daai volgende dag het hulle mekaar ge-SMS en Hugo was haar pilaar en beste vriend van daai dag af.
Hoe het julle verloof geraak?
Hugo het die groot vraag gevra in Hartbeespoort dam op Renate se ouers se landgoed. Hulle het net hulle hondjie Bazil gekry en Hugo het Champagne in gepak en hulle het vir ‘n stap gegaan in die woud. Hy het probeer die ring aan Bazil se bandjie vas te maak, maar dit het nie mooi gewerk nie. Toe sy weer sien was hy op een knie en het hy die groot vraag gevra!
Wanneer beplan julle om te trou?
Hulle groot dag is op 7 Mei 2016 by Protea Harmonie.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograwe: Maiden Moose Photography
- Venue: Emmerentia
- Confetti: Typo