Gerhard & Leana se bruisende selfdoen troue

Nadat hul die beproewing van ‘n 2 jaar lang afstand verhouding deurgemaak het, besef Gerhard en Leana dat hulle vir mekaar bedoel is.  Dit neem nie lank voordat Gerhard haar by ‘n uitkyk punt op ‘n berg tydens sonsondergang vra om sy vrou te word nie. Familie en vriende is almal betrokke om hul troudag onvergeetlik te maak. By die “Black Horse,” Brouery, wat nog ten volle bedryf word, beloof die paartjie ewige trou aan mekaar.  Gaste word trakteer met ‘n wegspring “Craft beer pre- drink,” uit die brouery se vate.  Die donker klip geboue, toe gegroei met klimop tussen lowergroen gras en kleurvolle blomme, herinner aan die Skotse hoogland waar bier ook vervaardig word.

Hul liefde vir mekaar bruis in hul harte amper soos die skuimende bier in die houtvate.  Hul idees om houers vol tuisgemaakte koekies en vetplantjies uit die familie se tuine, deel van die dekor te maak, is baie spesiaal.  Mooi Troues inspireer graag “doen dit jouself” trou projekte in ‘n moeilike finansiële klimaat waar koste besparing noodsaaklik is.

Gerhard en Leana se troue_0001Gerhard en Leana se troue_0003 Gerhard en Leana se troue_0004Gerhard en Leana se troue_0005Gerhard en Leana se troue_0006 Gerhard en Leana se troue_0007Gerhard en Leana se troue_0008

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Ons het 4 jaar terug deur vriende van ons ontmoet by ‘n verjaarsdag partytjie.  Ons het mekaar eintlik al van te vore ontmoet maar het nooit werklik ‘n gesprek gevoer nie.  Hierdie spesifieke aand het ons baie lekker saam gekuier.  Na so paar weke het my vriendin my gevra of ek sal omgee as sy my nommer vir hom gee.  Gelukkig wou hy weer kontak maak met my so dit was ‘n goeie teken!   So paar dae daarna het hy my gekontak en ons het op ‘n fliek afspraak gegaan.  Ons het weereens netso lekker gekuier en gesels en ek het besef dat ek mal is oor hom. Ons het van daardie aand af begin saam kuier.

Ek moes na ‘n jaar wat ons saam gekuier het weg trek as gevolg van werk. Ons het toe vir twee jaar lank ‘n lang afstand verhouding gehad. Al was dit soms moeilik het ons dit gedoen en dit het ons baie nader aan mekaar gebring en ons het baie van mekaar geleer in daai tydperk. Desember 2014 het ek terug getrek Pretoria en toe besluit hy om my die gelukkigste vrou ooit te maak en hy vra my om te trou. Ek kon nie wag om die res van my lewe saam hom te spandeer nie en 9 maande later is ons getroud.

Gerhard en Leana se troue_0002 Gerhard en Leana se troue_0009Gerhard en Leana se troue_0010

Hoe het julle verloof geraak?


Ons was Euphoria Golf Baan toe vir die naweek en daar is kabel karretjies, toe het ons met die kabelkarretjies op gery berg toe om “sundowners” op die berg te gaan drink by een van die uitkyk punte het hy op sy knie neer gesak en my gevra of ek met hom sal trou – Natuurlik was my antwoord toe JA!!

Gerhard en Leana se troue_0011 Gerhard en Leana se troue_0012 Gerhard en Leana se troue_0013 Gerhard en Leana se troue_0014

Hoe lank was julle saam voordat julle getrou het?


4 jaar,  waarvan ons 9 maande verloof was.

Gerhard en Leana se troue_0016 Gerhard en Leana se troue_0017 Gerhard en Leana se troue_0018 Gerhard en Leana se troue_0019Gerhard en Leana se troue_0020Gerhard en Leana se troue_0021 Gerhard en Leana se troue_0022 Gerhard en Leana se troue_0023 Gerhard en Leana se troue_0024Gerhard en Leana se troue_0025

  Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Moenie jou troue te ver voor uit beplan nie, as jy op iets besluit het bly daarby. Kry idees oral maar probeer dit jou eie maak. Ander mense se opinies is belangrik maar dit bly jou finale keuse oor hoe jy dinge wil doen en dis belangrik dat jy goed gebruik wat julle persoonlikhede en verhouding sal uitlig

Gebruik en betrek die mense naby aan jou veral jou familie so veel as wat jy kan want hulle is die belangrikste vir jou en dit beteken vir hulle baie om deel te voel.

Gerhard en Leana se troue_0026 Gerhard en Leana se troue_0027 Gerhard en Leana se troue_0028Gerhard en Leana se troue_0029 Gerhard en Leana se troue_0030 Gerhard en Leana se troue_0031 Gerhard en Leana se troue_0032 Gerhard en Leana se troue_0034Gerhard en Leana se troue_0036 Gerhard en Leana se troue_0037 Gerhard en Leana se troue_0038

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Venue: Black Horse Estate
  • Welkom drankies: Black Horse Brewery
  • Blomme: Alsmeer Flowers
  • Dékor: Ek en my pa’le
  • Vetplante gebruik vir dekor: Bruid se tuin, bruid se ma se tuin en bruid se niggie se tuin
  • Kerk paadjie loper en hartjies aan die stoele: Tannie Karen en VIA Nova skool personeel en kinders
  • Koekie tafel se koekies: Bruid & Bruidegom se ma, sussies, tannie en niggies, bruid se ma se vriendin
  • Tafel Loper: The Linen Box
  • Koerantjie en uitnodiging: Jy’s Uitgenooi
  • Troukoek: Steynedt Cakery
  • Fotograaf: Biamor Photography
  • Bruidsmeisies se rokke: YDE
  • Hare & Grimering: Antinique Hair & Beauty
  • Bruidegom se klere: Woolworths & Stuttafords
  • Bruidsmeisies se hout ruikers: The Wood Shack
  • Sakdoeke vir die bruidegom en ouers: Lily Green
  • Windpompe op die tafels, windpompe op die skouer ruikers en Mnr & Mev Coetsee teken: Loeriepress
  • Bruid skoene: Bride & Co

[endsection]