Die dag toe Netanje vir Dewald by Hartbeespoortdam ontmoet sou sy nie kon dink dat hul meer as sewe jaar later gaan trou nie. Volgens die bybelverhaal van Jakob en Ragel het Dewald darem nie nodig gehad om sewe jaar vir Netanje se pa te werk nie. Hulle vorm ‘n sterk band toe hulle ‘n jaar alleen saam London toe gaan. Een wegbreek naweek saam met vriende stop hulle by ‘n prentjie mooi uitkyk punt in die bosveld. Daar gaan Dewald onverwags op sy knieg en vra Netanje om sy vrou te word. Die oomblik is vir die groepie vriende wat hulle vergesel so groot dat hul ook saam met die toekomstige bruid ‘n paar trane stort.
Dewald het lank gewag om die vrou van sy drome, sy vrou te maak. En toe hulle op ‘n mooi sonskyn dag op ‘n plaas waar die bome bot en die diere vry rondloop ewige trou aan mekaar beloof, doen hulle dit met styl. Netanje lyk asemrowend mooi in haar trourok wat in lae kant na onder uitklok. Dewald is aantreklik in sy grys pak en strepies onderbaadjie.
Ons hou van die eenvoudige tog stylvolle manier waarop die onthaal saal versier is. Soos die rose wat onderste bo hang tussen glas balle agter die bruidstafel en ‘n ou koper melkkan vol gipskruid en blomme by die ingang. Die tafel dekor is ruikers met ‘n mengsel van rose, proteas en vetplantjies.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Dis was ʼn Saterdag by Hartbeespoortdam, my neef het dit goed gedink om ons aanmekaar voor te stel, Dewald het nie van die ontmoeting geweet nie net ek het. Dit was baie spontaan en het ek maar eers die water getoets, ek het nie geweet hoe hy oor my sal voel nie.
Ek het vir my neef gesê dat hy slegs my nommer mag gee indien Dewald daarvoor vra.
Ek het natuurlik in afwagting gewag om iets te hoor, maar dit het toe eers 10 uur die Sondag aand gebeur en van toe af het ons nog nie opgehou gesels nie.
Hoe het julle verloof geraak?
Dit was ʼn langnaweek weg saam met vriende by Cape Vidal. Gedurende die naweek het hy die perfekte plek gaan. Op die laaste dag op pad was dit met die vriende gereël om by daardie plek te stop en foto’s te neem. Min het ek geweet wat aangaan en het ek goed gedink om ook ʼn ou laaste foto in te kry, dit was ʼn sonskyn dag en het die uitkyk punt oor die bosveld uitgekyk. Toe ek omdraai toe is hy reeds op sy knieë, natuurlik was ek heel onkant gevang en was nie net ek in trane nie, maar ons vriende ook.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was saam vir 7 jaar en 8 maande waarvan ons mekaar 7 jaar en 9 maande geken het. Dit was omtrent tyd gewees!! Ons was vir ʼn jaar saam Londen toe gewees nadat ons mekaar slegs 3 maande geken het. Ek glo tot vandag toe dat dit ons ’n sterk fondasie gegee het omrede ons twee alleen sterk moes staan daar in die verte.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Om ʼn troue te reël is nie maklik nie en kan dit baie stres veroorsaak. Maak mense deel van die reëlings sodat jy meer as genoeg hande het om te help. Begin vroeg beplan sodat alles nie in die laaste maand op jou afkom nie. Geniet jul dag! Moenie omgee wat die gaste gaan dink nie. Hulle is daar om jul dag saam met jul te geniet. Raak stil by julself en neem elke oomblik. Lag, proe alles en dans tot die musiek ophou!!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Simone Franzel
- Hare en Grimering: Angelic Allure
- Strooimeisie rokke: Gelique
- Trouskoene: Anella Wedding Shoes
- Mans se pakke: Euro Suits
- Blomme en handruikers: O La Lah Creations
- Troukoek: Jeanette’s Cake Creation
- Musiek: Raytrice Disco
- Venue: The Stone Cellar