Carel ontmoet die mooi blonde student by ‘n sosiale geleentheid by ‘n universiteit koshuis. Hy vat haar egter eers op ‘n afspraak toe hy begin werk. Burnadene onthou elke oomblik van die spesifieke dag.
Tydens ‘n Europese toer wag Carel sy kans af. Parys is mos die stad vir romanse en dis ‘n gulde geleentheid vir hom om die meisies van sy drome te vra om met hom te trou. In ‘n stil hoekie in tuine met die Eiffel toring wat bo hulle uit troon, gaan hy oor in aksie. Gelukkig is sy ouers daar met egte Franse sjampanje en kon hul ‘n paar fotos neem om die groot oomblik vas te vang.
Hulle verlowings fotos is treffend waar hul elegant uitgevat poseer by ‘n ou murasie. ‘n Paar verspotte fotos bring die twee se sin vir humor ook na vore.
Later is hulle gemaklike geklee in die natuur op ‘n bank en reisdeken. Hulle lyk dolverlief en baie gelukkig. Geen wonder hulle kan nie wag om die knoop binnekort deur te haak nie.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Burnadene : Ek en Carel het mekaar ontmoet op universiteit. Ons het gemeenskaplike vriende gehad en was beide in ‘n koshuis wat sosiale geleenthede saam gehou het. Ons was vir lank vriende en het altyd in ‘n groep saam gekuier. Toe Carel begin werk in Januarie 2012, het ons al hoe meer begin gesels en saam uitgaan. Ek onthou die dag toe hy my op ons eerste ‘date’ gevat het soos gister! In April het hy my uiteindelik gevra om sy meisie te wees en van daar af het ons nooit weer terug gekyk nie!
Hoe het julle verloof geraak?
Carel: Ek wou graag ons verlowing so spesiaal as moontlik vir Burny maak. Aanvanklik het ek oorweeg om ons gunsteling “pop-up” pizza plek uit te huur en haar daar te vra, maar toe het ons ‘n toer deur Europa gereël het, het my planne vir die verlowing net so vinnig verander. Ons het een dag deurgebring in Parys, Frankryk. Ek was baie op my senuwees! Na ‘n paar uitstappies, het ek vir ons ‘n stil plekkie gaan soek in die tuine by die Eiffel toring. Daar het ek haar toe gevra om te trou en gelukkig het sy “Ja” geantwoord! Dit was wonderlik met my ouers wat vir ons eg Franse Sjampanje saamgedra het en wat daar was om ‘n paar fotos te neem van die onvergeetlike dag.
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons het besluit om 7 Mei 2016 te trou. Ons eerste oorweging was om ‘n plek te kies waar al ons vriende en familie kan bymekaar kom. Dit was vir ons baie belangrik dat al ons naaste die groot dag saam ons kan spandeer, en so het ons op Isiphiwo Boutique Hotel besluit in Pretoria. Ons kan nie wag om die knoop deur te haak nie!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Tavati Photography
- Hare en Grimering: Follicle Hair Atelier
- Lokaal: Sammy Marks Museum
- Naels: Beauty K