Pieter & Marlene se verlowing

Ons deel vandag Pieter en Marlene se verlowing fotosessie met jou.  Jy kan sommer onmiddellik die paartjie se sprankelende persoonlikhede raaksien as jy deur hulle baie prettige verlowing foto’s gaan.  Hulle het die stad as hulle verlowing fotosessie se tema gebruik.  Dit is ‘n kleurvolle fotosessie wat later af geëindig het met gekleurde poeier.   Nou 2 jaar later staan ons op trou.  DGR Photography het hulle talentvolle oog gebruik om die paartjie se liefdes verhaal mooi vas te vang op foto’s.

Marlene & Pieter se verlowing_0020 Marlene & Pieter se verlowing_0023

Hoe het julle ontmoet?


Ons het mekaar in 2008 ontmoet, albei van ons was in verskillende fases in ons lewens0 en so het ons paadjie toe maar weer geskei.  Ek was in ‘n ander verhouding en het Pretoria toe getrek, min het ek geweet dat ware liefde my gou gaan vind.

In 2013 het ons mekaar weer ontmoet by Pieter se vaarwel partytjie.  Pieter het 2 weke daar na Mosambiek toe getrek vir werk.  Daardie aand het ek en Pieter gou aan die gesels geraak.  Skielik het ek myself verlief en verlore gevind …

Marlene & Pieter se verlowing_0024 Marlene & Pieter se verlowing_0025Marlene & Pieter se verlowing_0002 Marlene & Pieter se verlowing_0003 Marlene & Pieter se verlowing_0004 Marlene & Pieter se verlowing_0005 Marlene & Pieter se verlowing_0006 Marlene & Pieter se verlowing_0007 Marlene & Pieter se verlowing_0008 Marlene & Pieter se verlowing_0009 Marlene & Pieter se verlowing_0010 Marlene & Pieter se verlowing_0011 Marlene & Pieter se verlowing_0013 Marlene & Pieter se verlowing_0014 Marlene & Pieter se verlowing_0015 Marlene & Pieter se verlowing_0017 Marlene & Pieter se verlowing_0019 Marlene & Pieter se verlowing_0020
Marlene & Pieter se verlowing_0022 Marlene & Pieter se verlowing_0023 Marlene & Pieter se verlowing_0024 Marlene & Pieter se verlowing_0025 Marlene & Pieter se verlowing_0026 Marlene & Pieter se verlowing_0027 Marlene & Pieter se verlowing_0028 Marlene & Pieter se verlowing_0029 Marlene & Pieter se verlowing_0030

Hoe het julle verloof geraak?


Ek het gedroom van my ridder op sy wit perd…min het ek geweet my ridder in die Fortuner sou my held wees.  Hy het gesê hy wil hê die families moet bietjie braai en bymekaar kom.  Ons het by ons huisie bymekaar gekom en sowaar, hier val die man almal mos in die rede en se hy wil iets sê. Hy het op sy knie gegaan soos man betaam en voor al die belangrike mense in ons lewens na my hand gevra.  Natuurlik soos almal my ken het ek “nee” gesê (ek moes hom bietjie terg). Gelukkig net voordat hy dalk flou val het ek baie vinnig gesê “Ja”.

Marlene & Pieter se verlowing_0031 Marlene & Pieter se verlowing_0032 Marlene & Pieter se verlowing_0033 Marlene & Pieter se verlowing_0034 Marlene & Pieter se verlowing_0035 Marlene & Pieter se verlowing_0036 Marlene & Pieter se verlowing_0037 Marlene & Pieter se verlowing_0038 Marlene & Pieter se verlowing_0039 Marlene & Pieter se verlowing_0040 Marlene & Pieter se verlowing_0041 Marlene & Pieter se verlowing_0042 Marlene & Pieter se verlowing_0043 Marlene & Pieter se verlowing_0044 Marlene & Pieter se verlowing_0045 Marlene & Pieter se verlowing_0046 Marlene & Pieter se verlowing_0047 Marlene & Pieter se verlowing_0048 Marlene & Pieter se verlowing_0049 Marlene & Pieter se verlowing_0050

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: DGR Photography