Elke dogtertjie droom van haar troudag en die ridder op sy witperd wat haar voete onder haar gaan uitslaan en uiteindelik vra om te trou. Dit is presies wat met Melissa gebeur het nadat sy en Mauritz eers vir weke net skaam vir mekaar geglimlag het. Uiteindelik het hy die moed bymekaar geskraap en homself aan haar voorgestel. Op hul eerste afspraak kon Mauritz nie sy geluk glo toe die beeldskone meisie ‘n stomende kerriegereg spesiaal vir hom voorberei nie.
Op hul troudag lyk Melissa soos ‘n moderne sneeuwitjie. Haar pragtige trourok is afgerond met ‘n sagte sneeuwit bolero en haar welige donker hare is sagkens saamgevat. Die fyn diamantjies in haar swierige oorbelle speel met die ligstrale wat daarop weerkaats. Droom verlore sit sy met neerslaande wimpers op ‘n bank en wonder of dit ‘n droom is en sy dalk netnou gaan wakker word.
Mauritz kan nie ophou glimlag terwyl hy saam sy strooijonkers ‘n glasie Bains wiskey vashou tydens ‘n fotosessie nie. Die senuwees knaag maar die liefde maak alles die moeite werd.
Emosionele oomblikke volg toe Melissa se pa sy klein prinses weggee. Later in ‘n vrugteboord, nog in sy winterslaap, poseer die paartjie wat nie hul oë van mekaar kan afhou nie. Sonder dat hulle dit met woorde sê beloof hulle om mekaar se verskille en uniekhede te aanvaar. Solank hulle mekaar toelaat om net homself te wees glo Mauritz en Melissa dat hul huwelik ‘n sprokie sal bly.
Tussen lang grasspriete staan die paartjie in vervoering. Ver op die horison vervolmaak landerye die agtergrond van die volmaakte prentjie. By die onthaal hang wit Chinese lampe en gedrapeerde lap in die dak. Feetjie liggies skyn in ‘n goue glans. Eenkant staan ‘n vyf laag troukoek versier met suiker pêrels en orgideë. Alles is perfek mooi. Net soos Melissa in haar klein dogtertjie drome begeer het.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek (Melissa) het as “Personal Trainer by Virgin Active” begin werk, en dis waar ek en Mauritz mekaar die eerste keer gesien het. Ons het vir weke eers net vir mekaar geglimlag, te skaam omte groet. Toe het Mauritz die moed bymekaar geskraap en homself kom voorstel aan my. Ek het vir ons eerste afspraak heerlike kerrie gemaak. Hulle se mos die pad na ‘n man se hart loop deur sy maag!
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het die naweek na Nuwejaar 2015 weggegaan Cederberge toe vir n wegbreek. Ek (Melissa) niksvermoedende, want ek het die naweek beplan. Mauritz het die Saterdagaand te voorskyn gekom met 2 glasies en ”n bottel vonkelwyn. Hy het op sy knie gegaan en my gevra om sy vrou te word. Ons het die 2de Januarie 2015 verloof geraak.
Advies vir ander paartjies:
Ons is almal verskillende mense met sterk punte en swak punte, Aanvaar mekaar se verskille en uniekhede. Dis daardie verskille wat ons na mekaar aantrek en as n span laat saamwerk. Ons vul mekaar aan. Gee jou maat die geleentheid om homself te wees.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Anel Nortier
- Dekor: Deco Hire
- Rok: EuroBride
- Bruidegom se pak: Woolworths
- Strooimeisie rokke: YDE
- Hare en Grimering: Caren Fourie
- Koek: Palate baking