Jonathan & Milani se troue

Jonathan en Milani het getrou by een van ons gunsteling trou venues in Wellington, Langkloof Roses.  Die paartjie het op Valentydsdag, 2012 ontmoet.  Jonathan het saam met sy vriende gegaan na dieselfde restaurant as waar Milani met haar vriende gegaan het.  Na ‘n paar glasies vonkelwyn het Milani die moed gehad om na Jonathan te gaan en met hom te gesels.  Die res is toekoms.  Dit is nou vir ons ‘n baie oulike eerste ontmoeting!  As jy mal is oor ‘n Boheemse gevoel troue, dan sal jy definitief die paartjie se troue lief.  Hulle onthaal was by Langkloof Roses;  ‘n Pragtige plaas in Wellington met ‘n mooi venue en selfs ‘n buite dansvloer as die weer goed lyk.  Daar is ‘n groot grasperk buite asook ‘n mooi onderdak area waar jy verwelkoming drankies kan geniet.  Perde, ‘n dam en bome is die prentjiemooi uitsig by Langkloof Roses.

Jonathan en Milani ser troue_0001Jonathan en Milani ser troue_0002 Jonathan en Milani ser troue_0003 Jonathan en Milani ser troue_0004 Jonathan en Milani ser troue_0005 Jonathan en Milani ser troue_0006 Jonathan en Milani ser troue_0007 Jonathan en Milani ser troue_0008 Jonathan en Milani ser troue_0009 Jonathan en Milani ser troue_0010

Hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet op Valentynsdag, 14 Februarie 2012, ek en vriendinne het gaan uiteet (Hoekom mag net die paartjies dan Valentynsdag vier?) en Jonathan het dieselfde idee gehad saam met die manne.  Ons het oorkant mekaar gesit en ek onthou dat ek gedink het hy is so mooi en ek wil hom graag ontmoet, ons het ‘n paar glase Champagne gedrink en ek het uiteindelik die moed bymekaar geskraap om met hom te gaan gesels.  Toe ek by hom kom kon ek myself net nie help nie, ek het voor daar ‘n woord uit my mond kon kom, sy gesig in my hande gevat en hom gesoen!  Ek dink hy was net so geskok soos ek op daai oomblik, ek het ook nie geweet wat om te doen nie, en teruggehardloop na my vriendinne wat met groot oë vir ons aangaap.  Daar was ‘n oomblik van stilte tot my beste vriendin en sy beste vriend geselsies begin aanknoop om te probeer verstaan wat pas gebeur het, en so het ons mekaar ontmoet.  My Mnr. Dearlove op Valentynsdag.

Jonathan en Milani ser troue_0011 Jonathan en Milani ser troue_0012 Jonathan en Milani ser troue_0013 Jonathan en Milani ser troue_0015 Jonathan en Milani ser troue_0016 Jonathan en Milani ser troue_0017 Jonathan en Milani ser troue_0018

Hoe het julle verloof geraak?


 Ons Tuisdorp, Yzerfontein. 11 Julie 2014, het ‘n goeie vriend die naweek by ons kom kuier, ons het vroeg al vuurtjie vroeg aangesteek.  Die manne het Spar toe gery vir nog hout en het eienaardig lank gedraai.  Ek kry toe ‘n oproep van die Armed Response (Yzerfontein is ‘n baie klein dorpie met 1200 inwoners, ons het nie ‘n polisie stasie nie).  Die sekuriteit beampte, Shane, is paniekbevange en sê ek moet nou dadelik na hul kantore toe kom, daar was ‘n insident by die Spar en  hul moes vir Jonathan arresteer.  Nou almal wat vir Jonathan ken weet hy is die rustigheid van self en sal nooit nooit moeilikheid maak nie, so natuurlik dink ek Shane maak ‘n grap, Shane het egter aangehou, dit is toe ek bekommerd raak, dalk het iets anders gebeur, dalk het hy iets oorgekom, wat sou hom so kwaad maak?  Ek spring toe in my motor en jaag na die kantore, stop sommer in die middel van die pad en hardloop na Shane, al wat hy sê is “Praat met Jonathan, dalk kan jy hom kalmeer”, ek hardloop amper bo oor hom en kry vir Jonathan geboei in die ‘sel’ (die rekenaar “server” kamer).  Ek is histeries en vra wat aangaan, hy grawe toe met sy een hand in sy sak en glimlag, toe weet ek iets is aan die gang.  Shane het ingekom en begin lag en vir my die boeie se sleutel gegee, ek kon toe nie die boeie los kry nie, en Jonny het met sy een arm geboei aan die veiligheidshek op sy knie gegaan en my gevra om te trou.

Jonathan en Milani ser troue_0019 Jonathan en Milani ser troue_0020 Jonathan en Milani ser troue_0021 Jonathan en Milani ser troue_0022 Jonathan en Milani ser troue_0023 Jonathan en Milani ser troue_0024 Jonathan en Milani ser troue_0025 Jonathan en Milani ser troue_0026 Jonathan en Milani ser troue_0027 Jonathan en Milani ser troue_0028 Jonathan en Milani ser troue_0029 Jonathan en Milani ser troue_0030

Advies vir ander paartjies:


Die beplanning tot die groot dag en al die groot gebeurtenisse gaan so vinnig verby.  Geniet elke oomblik!  Betrek mekaar by die besluite en maak ‘n avontuur daarvan. Dames, onthou die ervaring is vir hom net so spesiaal soos vir jou.  Die troudag-self gaan ontsettend vinnig verby, vat skelm wegbreke saam met jou nuwe man/vrou en gaan neem net alles in vir so paar minute.  Kies jou trou gevolg met jou hart en nie jou kop nie, jy sal dadelik weet wie jou harts-mensies is, en die strooijonkers en -meisies hoef nie altyd gelyk te wees nie. Mens kan ook alles haarfyn beplan, alles gaan egter nie altyd so perfek afloop nie. Dis buite jou beheer, geniet jouself en jou man/vrou ten spyte. As jy tyd het probeer van die dekor items self maak, soos jou ringkussing bv. Ek het ‘n rok gehuur by Elizabeth en het van die rok se kant ekstra gekoop om te hou vir my dogter eendag. Die tipe goedjies sal mens altyd bewaar.

Jonathan en Milani ser troue_0031 Jonathan en Milani ser troue_0032 Jonathan en Milani ser troue_0033 Jonathan en Milani ser troue_0035 Jonathan en Milani ser troue_0036 Jonathan en Milani ser troue_0037 Jonathan en Milani ser troue_0038 Jonathan en Milani ser troue_0039 Jonathan en Milani ser troue_0040 Jonathan en Milani ser troue_0041 Jonathan en Milani ser troue_0042 Jonathan en Milani ser troue_0043

 

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Stella Sassen
  • Venue: Langkloof Roses
  • Trou Rok: Elizabeth Stockenstrom
  • Strooimeisies Rokkies:  Caro Badenhorst
  • Blomme: Studio Bloem
  • Platejoggie: DJ Dean
  • Tent: Cape Tents
  • Grimering en Hare: Clarita Smith
  • ‘Trou’ Kaas Koek: Bruid en Hoofstrooimeisie
  • Onthaal/ Kerk Dekor: Blikaspaai Vintage Décor Hire
  • Kombi: Blikaspaai Vintage Décor Hire
  • Dominee: Kallie Le Roux NG Kerk Darling
  • Musiek by Pre-drankies: Jake Gunn
  • Uitnodigings en Programme: V.unique Designs
  • Videograaf: RECP Record Productions

[endsection]