Vandag deel ons Herman en Marlise se mooi troue in die Vrystaat met jou. Die paartjie het albei as tekenaars deur hulle werk ontmoet. Herman het ล verlowing beplan soos iets wat jy in ล fliek sal sien. Omdat hulle albei vir die selfde firma gewerk het, het Herman klaar Marlise se baas gekry om saam te speel. Marlise se baas het vir haar gesรช sy moet dringend dokumente afgee by Phalaborwa en moet sommer saam met Herman ry. Daar was nie regtig dokumente om af te laai nie, maar wel ล verrassende wegbreek van Herman. Die res van hulle verlowing storie kan jy verder lees in die artikel onder. Ons is gaande oor die paartjie se troue, die bruidsmeisies se mooi rokkies asook die venue Welgelegen Cherry Estate en omliggende area waar hulle getrou het. Geniet hierdie oulike troue.
Hoe het julle verloof geraak?
14 Junie 2014. Herman het almal by die kantoor aan boord gehad sonder dat ek geweet het. Skielik storm die baas by die kantoor in en sรช dat daar dringende dokumente moet afgelaai word in Phalaborwa en dat ek sommer saam met Herman kan ry.
Dit was baie onverwags, ons het vinnig gepak en gery, min wetend dat Herman reeds plek bespreek het vir die naweek en dat die baas nie regtig enige dokumente wou stuur nie.
Ons het toe die volgende dag, na ล vroeg oggend wild-rit, op ล hout dek langs die swembad met ontbyt verloof geraak.
Advies vir ander paartjies:
Kommunikeer:
Jy moet jou eie gedagtes, motiewe en gevoelens verstaan en dit op ล eerlike wyse met jou eggenoot kan deel. Jy moet ook na jou eggenoot se gevoelens luister en wanneer jy verkeerd is, verantwoordelikheid neem vir dit wat jy doen.
Geestelike konneksie:
Geloof speel ล beduidende rol in jou alledaagse leefwyse so as julle oortuigings dus dieselfde is, is die kanse soveel beter dat julle oor ander dinge in die lewe sal saamstem.
Lag ล slag:
Maak ล punt daarvan om mekaar te laat lag en die humoristiese kant van die lewe te waardeer.
- Venue: Welgelegen Cherry Estate
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Black Frame Photography
- Koek: Magnolia Cakes
- Bruid rok: Bride & Co
- Strooimeisie rokke: YDE โ Bombshell
- Dekor: Molly verhuring + Ma van die bruid (Elmarie Enslin)
- Blomme: Harmonie Proteas
- Skryfbehoeftes: Herman & Marlise
- Platejoggie: Fanjan Produksies
- Ringe: Pearl and Diamond Designs
- Grimering: Necessity Health & Beauty
- Hare: Skoon suster โ Chantel van der Linde