Ons is mal oor plaas troues en Vernon en Larike se trou is ‘n goeie voorbeeld om inspirasie vir jou plaas troue te kry en om alle te kroon is die dekor self gedoen!
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het ontmoet by ‘n geselligheid by Vernon se ouers se huis. Ons het mekaar se geselskap geniet en in dieselfde week weer moeite gedoen om saam te kuier.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het besluit om die Saterdagoggend ‘n kort 9 putjie baan te gaan speel. Hy het als so goed beplan en toneel gespeel, dat ek gedink het ek die golf speel voorstel, min wetende van sy planne.
As ek nou terug kyk moes ek die tekens sien, maar daardie oggend het ek nie sy senuwees-agtigheid opgetel nie.
Op die tweede gat laat hy my heeltyd eerste speel soos ’n ware heer en toe ek naby die gatjie kom, sien ek die ring daarin lê. Ek het die ring opgetel met waterige oë en toe ek omdraai staan hy op een knie.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was net meer as twee jaar saam teen ons troudag.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Begin met die klein goedjies wat jou troue persoonlikheid gee sodra jy n tema of kleurskema het.
Die laaste paar weke gaan so gou verby en dan is daar baie keer nie meer genoeg tyd of geld nie en is mens geneig om idees te laat vaar. Trou reëlings kan stresvol raak so ondersteun mekaar en doen steeds moeite met jul verhouding.
Woon dalk ‘n huweliks voorbereidingsnaweek/kurses by. Beplan julle tyd op die dag goed, want dit gaan so gou verby.
Kuier ook op die onthaal lekker saam met mekaar en moenie te veel stres oor die gaste se geluk of gemak nie.
GENIET net alles! (al loop iets skeef)
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue en spyseniering: Oukraaltjie
- Fotograaf: Franklin Photography
- Videograaf : Visual Corp
- Dekor: DIY
- Trou Rok: Linda Couture Designer
- Troukoek: Bake my day
- Blomme: Cheryl van Whishez
- Platejoggie en troukar: AMA Promotions