Daar is so baie elemente in vandag se troue wat ons weet ons lesers absoluut dol oor ies. Diรฉ troue is โn doen-dit-self troue gehou op โn plaas kompleet met โn donkie kar, skape en โn fiets in die mengsel.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Stiaan: โEk was vir โn paar maande oorsee gewees en in die tyd het Sunett saam met een van my vriende begin bergfietsry. Ons is altwee lief vir sulke dinge en Stellenbosch is โn fantastiese plek daarvoor. Toe ek terug kom en die eerste keer weer saam met my vriend gaan fietsry het, was Sunett ook saam. So ons het op ons fietse ontmoet.โ
Hoe het julle verloof geraak?
Sunett: โDit was my en Stiaan se 3 jaar herdenking en hy het my die oggend na `n parkie toe gevat waar hy vir my op sy kitaar gespeel het. Ons is toe na `n wynplaas toe vir `n baie romantiese middagete. Daarna het ons ons bergklim sakke gepak en een van Stellenbosch se berge gaan klim. Met sonondergang het Stiaan die kamera op `n klip staan gemaak en ons het `n paar fotos geneem. Toe het hy die kamera, sonder my medewete, gestel om `n video te neem, af op sy kniee gegaan en my die groot vraag gevra.โ
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?>
Stiaan: Wonder โn bietjieโฆen Sunett: โ3 jaar en 5 maandeโ
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Geniet elke fase van julle verhouding ten volle. Die verlowing en die troudag gaan so vinnig verby.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Natasja Taljaard
- Venue, Seremonie + Troukoek + Akkommodasie: De Uijelenes
- Hare & Grimering: Anna-Mart Strydom
- Blomme & tafel dekor: Phillip & Christine van Rensburg
- Dekor: Self
- Trourok: Didi Couture