Ons is opgewonde om vandag die mooi troue van Ruan en Louise met julle te deel. Daar is ook baie mooi fotoโs geneem van die paartjie onder bome. Hul trou dekor is klassiek met wit en room kleure asook elemente van glas. Die video vang die paartjie se persoonlikheid so mooi vas. Daar is โn toneel wat Ruan sy emosies nie kon keer nie. Ons het die paartjie se troue baie geniet en weet jul sal dieselfde doen.
Hoe het julle ontmoet?
โn Maand voor my beste vriend en vriendin se troue, het ek, as hulle seremoniemeester, saam na hul trou venue toe gegaan om finale reรซlings te tref. Ek was verstom oor die mooi venue met die pragtige Magaliesberge in die agtergrond. Ek en my vriende het voor die Green Leaves ontvangs stil gehou, en voor ek my kar se deur kon oopmaak loop die mooiste, asemrowende dame by die ontvangs uit. Nie net was die venue pragtig nie, maar die trou koรถrdineerder soveel mooier. Onmiddellik het ek geweet, al moes ek berge versit, is hierdie die meisie met wie ek gaan trou. Dit was sowaar โLove at first sightโ
Hoe het jul verloof geraak?
Green Leaves is โn baie spesiale plek vir ons twee. Aangesien ek op die perseel gebly het, is dit waar ons al ons herinneringe opgebou het en mekaar beter leer ken het. Met die verlowing het Ruan `n skatte jag gehou regoor die hele venue, en my orals gestuur waar ons spesiale tye gedeel het; ons eerste ontmoeting spot, eerste piekniek spot, die spot waar ons altyd aandetes geรซet het en dan waar ek eindig by die Stalle kapel, waar ons toe verloof raak en ook getroud is op 30 April 2015.
Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?
Ons het mekaar 1jaar en 9maande geken toe ons getroud is.
Advies wat jul aan ander paartjies kan gee?
Dit is regtig die beste, mooiste, lekkerste en spesiaalste dag van `n mens se lewe, maar jy MOET `n punt daarvan maak om te ontspan en vir jouself te se dat jy elke oomblik gaan inneem en geniet. Voor die troudag kan jy alles reรซl en beheer, maar op julle dag, moet julle net ontspan, en dinge laat gebeur soos wat dit bedoel is om te gebeur. GENIET EN EMBRACE DIT!!
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Green Leaves wedding Venue
- Dekor & Blomme: Mire Floral Art & Design
- Fotograaf: Lightburst Photography
- Videograaf: Motion Craft Films
- Grimering & Hare: Antinique
- Trourok: Lady Anne Bridal
- Platejoggie: Blast Music Specialis