Vandag se publikasie is die mooi vintage troue van Monique en Eldred. Wat die troue so mooi maak is Monique se stylvolle rok en die tafel dekor. Geniet die fotos en hul liefdes verhaal onder en ons hoop jul vind inspirasie hier uit.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
My hoërskool vriendin het ons aan mekaar voorgestel, dit was net nadat ek in n bromponie ongeluk was en ons kon nie ontmoet nie omdat ek vir n skouer operasie moes gaan. Eldred het toe by my huis kom kuier en n boksie Whispers vir my gebring. Van daardie dag af kon ons nie genoeg van mekaar kry nie. Hy was toe n student by die universiteit van Stellenbosch en ons vakansie was amper verby. Net voor hy terug moes gaan, het my gevra as ek nie sy meisie wil wees nie. My antwoord was ja (natuurlik), ek was al klaar smoor verlief.
Hoe hetjulle verloof verloof geraak?
‘n Week voor die 1 Junie 2014 het my beste vriendin my gebel en gevra as ons nie ‘n paar fotos by die see saam hulle wil neem nie.
1 Junie was my ouers se huweliksherdenking en min het ek geweet dat dit die dag sal wees waarop ons verloof word.
Ons het by die see aangekom en moes eers ‘n bietjie stap om by hulle (My vriendin en haar kêrel) te kom. Ek het ‘n fotograaf gesien en toe ek die eerste glas Coke bottel sien, toe besef ek, hier gaan iets aan. Daar was so 20 Coke bottels met “scrolls” in. Hy het op elke “scroll” ‘n boodskap geskryf oor hoekom hy lief is vir my en natuurlik ‘n paar grappies tussen in. Toe ek die laaste “scroll” lees het dit gesê “draai om”, en toe daar was hy, op sy knie en hy het my gevra om met hom te trou.
Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?
Ons was 7 jaar, 7 maande en 21 dae saam voor ons getrou het. Omdat hy by die Universiteit van Stellenbosch geswot het en ek by NMMU, het ons lang afstand gedoen, dit was moeilik maar dit het ons baie van mekaar geleer en dit het ons gebring na waar ons vandag is.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
“All good things are worth waiting for.”
Geniet elke oomblik van mekaar, vat tyd om mekaar goed te leer ken, geniet al die klein goed in die lewe saam, werk hard saam en werk deur die moeilike tye saam.
Vir bruide wie binnekort trou: Jou trou dag gaan so gou verby, maak seker jy spandeer meeste van jou geld op die goed wat jou ‘n leeftyd sal hou, dit is jou fotograaf en videograaf.
Het jy ‘n videograaf gehad?
Ons het ‘n fantastiese videograaf gehad. Kirsty van Pelicula Productions.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue, Spyseniering en Beplanning: The Plantation – Exclusive Wedding & Function Venue
- Fotohokkie: The Photo Booth
- Grimering: Theano Zenios
- Fotograaf: After Effect Photography
- Strooimeisies se grimering: Tarryn Harding
- Dekor: The Hire Warehouse
- Blomme: Floral Creations
- Videograaf: Pelicula Productions
- Hare: Salon Fringe
- Skryfbehoeftes: Papermaster
- Rok: Lady Marmalaide
- “Fascinator” en “cufflinks”: Loca Vintage Bridal Lounge
- Platejoggie: Enjoy productions
- Koek: House of bakes
- Naels: Aliska Gerber