Lourette & Jack se mooi troue

Lourette vertel ons meer van haar mooi troue

“Ons wou baie graag ons liefde vir die natuur vasvang in die gevoel van ons troue.  Daarom het ons baie veld gras gebruik, in ons uitnodigings, as deel van die blommerangskikking, in my ruiker en selfs in my hare! Wat almal nie besef het nie was dat my ma die klomp gras gepluk het buite PE en dit toe al die pad gebring het Bloem toe.

Ons het ook besluit op herfsblare as confetti en voëltjies as versierings, stringe in die kerk (wat my pa en my 2 sussies se kêrels moes ryg!), as naamkaartjies en as “cake toppers”.  Blomme was net so belangrik en was te sien in my en my Strooimeisies se hare, en selfs op ons troukoek!

Selfdoen was ook baie belangrik vir ons.  Ek het aande om papier doilies gedraai in “cones” as confetti houers.  Ook elke stukkie kant vasgewerk om die botteltjies mee toe te maak.  My moeder het die week voor die troue gekom en met groot liefde al die pietersielie plantjies in hulle botteltjies geplant.  Jack moes ook die dag voor ons troue al die aanwysings na ons troue gaan opsit (gelukkig het ek nie geweet dat hy dit tot op die nipper gelos het en ‘n uur voor ons troue in sy troupak gedoen het nie!).

Ons dag was alles wat ons wou hê en werklik sonder enige onverwagse, onaangename verrassings!”

Jack en Lourette_0001Jack en Lourette_0002 Jack en Lourette_0003 Jack en Lourette_0004 Jack en Lourette_0005

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Ons was saam op universiteit,  Hy Huis Karee en ek Huis Soetdoring. Ons koshuise was reg langs mekaar en het daai jaar saam gejool, ons het mekaar al gesien maar nog nooit gepraat nie! November 2006 het ons albei saam met ons verskeie vriende FicksburgKersie-fees toe gegaan.  Daar het Jack die eerste keer met my kom praat. 20 Maart 2007, ‘n week na ons eerste amptelike afspraak het Jack my gevra: “So, mag ek nou maar vir mense se ons is saam?”.

8 Jaar later het ons getrou!

Jack en Lourette_0006 Jack en Lourette_0007 Jack en Lourette_0008 Jack en Lourette_0009

Jack en Lourette_0010 Jack en Lourette_0011

Jack en Lourette_0012 Jack en Lourette_0014

Hoe het julle verloof geraak?


Ons was in Kleinmond en Hermanus op vakansie toe Jack my verras het met ‘n perdry rit in die moeras en op die strand. Op ‘n klein dekkie het ‘n piekniekmandjie en sjampanje gewag. Daar het hy op een knie gegaan en my die jawoord gevra en ek het JA gesê!

Jack en Lourette_0015 Jack en Lourette_0016 Jack en Lourette_0017 Jack en Lourette_0018 Jack en Lourette_0019 Jack en Lourette_0020

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Ons was 8 jaar saam voordat ons (uiteindelik!) getrou het!

Jack en Lourette_0021 Jack en Lourette_0022 Jack en Lourette_0023 Jack en Lourette_0024 Jack en Lourette_0025 Jack en Lourette_0026 Jack en Lourette_0027 Jack en Lourette_0028 Jack en Lourette_0029 Jack en Lourette_0030 Jack en Lourette_0032 Jack en Lourette_0033 Jack en Lourette_0034

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Begin vroegtydig dinge in plek kry die week voor die troue! Al lyk dinge min om te doen, vlieg die dag voor jou troue verby. Gee belangrike take vir spesiale mense. My ouers het die kruis in die kerk vir ons gemaak en een van my strooimeisies het die troukoek gebak en al die pad van die Kaap af gebring terwyl ‘n ander vriendin ons blomme gedoen het, dit sorg vir baie sentiment!

As paartjie, maak die aand tyd om bietjie alleen te wees en die gevoel van die dag in te neem, dit vlieg werklik verby! Ons het alleen op ‘n bruidstafeltjie gesit en so kosbare oomblike gehad en kon ons ook sien hoe ons gaste die troue geniet.

Jack en Lourette_0035 Jack en Lourette_0036 Jack en Lourette_0037 Jack en Lourette_0038 Jack en Lourette_0039 Jack en Lourette_0040 Jack en Lourette_0041 Jack en Lourette_0042 Jack en Lourette_0043 Jack en Lourette_0044 Jack en Lourette_0045 Jack en Lourette_0046 Jack en Lourette_0047 Jack en Lourette_0048 Jack en Lourette_0049 Jack en Lourette_0050 Jack en Lourette_0051 Jack en Lourette_0052

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Venue: Pepper Tree
  • Fotograaf: Go Urban Photography
  • Video en musiek: Soundbytes
  • Trourok: Kobus Dippenaar
  • Grimering: Minette Olivier, The South African Image Company
  • Dekor: Grand Room Design en All in one Party Hire
  • Troukoek: Marike Maier, bruidsmeisie
  • Blomme: Carien Denner, vriendin
  • Skryfbehoeftes: Bezale Design

[endsection]