Ons hou baie van die dekor van vandag se publikasie, die troue van Liezl en Lionel. Die tafel dekor is vars en skoon. Alles die sou nie gebeur het as dit nie vir Jessie, Liezl se Jack Russel was wat nie ʼn sekere truitjie wou dra nie. Lees die paartjie se oulike storie hier onder, maar kyk ook na die mooi fotos.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Dit is als te danke aan ʼn aan troeteldier winkel en sosiale media. Ek werk vir ʼn eiendoms agentskap in Vishoek en vyf jaar gelede het daar ʼn troeteldier winkel oopgemaak twee deure vanaf ons kantoor. Dit was Lionel se broer, Richard se winkel. Ek het ingeloer by die nuwe winkel gedurende my etens uur en toe ʼn truitjie vir my Jack Russell gekoop. Ongelukkig het Jessie geweier om die truitjie te dra en ek moes dit toe terug neem na die winkel. Lionel het uitgehelp die dag toe ek die truitjie terug neem en toe ek die strooitjie teken het hy my naam gesien en my op Facebook opgesoek. Ons het vir ʼn paar weke mekaar ge-e-pos en ʼn maand later ons eerste afspraak gehad.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het by Lionel se ma in die Oos-Kaap gekuier vir ʼn paar dae en sou daarna vir twee weke langs die tuin roete gaan kampeer het. Ons eerste stop was Tsitsikamma Nasionale Park wat my gunsteling plek in Suid Afrika is. Lionel wou graag die volgende dag die waterval stap roete doen en al was ek nie baie lus nie, het ek ingestem. Op pad het Lionel baie snaaks opgetree elke keer as ek iets uit die dra sak wou kry. Na al die klouter en klim het ons uiteindelik by die waterval uitgekom en asem geskep vir ʼn paar minute. Ek het my rug gedraai vir ʼn paar minute en toe ek terug draai het hy homself op netjies op die rots gebalanseer op vir my die groot vraag te vra.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Bietjie meer as vyf jaar.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Die internet is fantasties – so vol idees, kies ʼn goeie fotograaf – jou fotos is wat jy sal hê om jou aan die dag te herinner, bly by jou begroting, spandeer ʼn paar rand meer en kry wat jy regtig wil hê, anders is jy dalk eendag spyt wanneer jy terug kyk en die beste raad wat ek van ʼn vriendin ontvang het – fokus op mekaar. Dit is julle spesiale dag.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Charmaine Spangenberg
- Onthaal: Babylonstoren
- Hare en grimering: Mary Rose Shannon Hair & Make up
- Musiek: Andre van Vuuren
- Troukoek: Laura Mitchell Cake Couture
- Skryfbehoeftes: Acorn laser cutting, engraving & design + Hello Dolly