Ons deel vandag Jared en Leandre se mooi troue in die Oos-Kaap met jou. Die paartjie het op die mees romantiese manier ooit verloof geraak, presies soos iets wat jy in ʼn fliek sal sien. Jared het op sy knieë gegaan op die Empire State Building met die stad liggies van New York as hulle Uitsig vir Leandre gevra om met hom te trou.
Hulle troue was die teenoorgestelde van hulle verlowing en het ʼn strand tema gehad met neutraal en ʼn lekker plattelandse gevoel dekor. Ons weet sommer elke paartjie wat besig is om hulle troue te beplan sal mal wees oor die troue.
Githe-Meret Hancke Koertzen is ʼn professionele grimeerkunstenaar gebaseer in Jeffreysbaai met meer as 20 jaar in die skoonheid bedryf. Sy spesialiseer in bruids grimering. Laat sy jou spesiale dag in ʼn onvergeetlike herinnering te omskep.
Geniet die foto’s en lees meer oor die oulike paartjie se ontmoeting en advies onder.
Hoe het julle ontmoet?
Ek het in Potchefstroom gestudeer en daar begin skool gee. Ek het een aand n universiteit vriendin vas geloop en sy vertel my dat haar kêrel in die Rustenburg myne werk. Sy nooi my saam hulle vir ‘n drankie. Haar kêrel se “vriend” was ook n Australiër en het ook in die Rustenburg myne gewerk en dit was die aand wat ek en my man ontmoet het. Soos hulle sê: “love at first sight”. Gesels en dans kon hierdie Aussie man doen. Met sy dans passies en snaakse “Aussie slang” het ons paaie nooit weer geskei nie. Ek het elke naweek in Rustenburg by Jared gaan kuier en ons het ook ‘n lekker Kaap en Kruger Wildtuin vakansie saam gehad.
Vertel ons meer van julle verlowing?
In New York het ons gaan kyk na die stads liggies vanaf die Empire State Building af. Asemrowend, die hele New York City is net liggies sover as wat die oog kan sien. Jared gee my ‘n stywe druk en vra toe vir my hoe lief ek hom het? Ek kyk vreemd na hom en sê; Baie, hoekom? En dis waar Jared op sy knieë gaan en die swart boksie met die ring uit haal, en in ‘n baie benoude stem vra of ek sy vrou sal wees! Hy was so op sy senuwees die arme man van my. Dit was die beste verassing ooit! Die beste gevoel in die hele wêreld. Alles was perfek verby!
Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?
Ons het verloof geraak die 17 Oktober 2013 en ons troue was 21 Maart 2015.
- Grimering: Githe-Meret Muir Professional Makeup Artist
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Shaula Greyvenstein
- Trourok: The Bridal Centre
- Bruidsmeisies rokke: Ultimate dresses SA
- Bruidegom se pak: Micheal Innis
- Bruidegom se uitrusting: Micheal Innis
- Koek: Annette Herselman Jeffreys Baai
- Dekor + Tafels: Lombardinin Game Farm + Danette De Beer
- Hare: Trendz Haarsalon
- Blomme: Lombardinin Game Farm